Studieaansoeke vir 2025 is reeds oop

Search
Close this search box.

Die blommeprag van ʼn daglelie is nie net tekenend van skoonheid, vroulikheid en onafhanklikheid nie, maar ook van deursettingsvermoë, selfstandigheid en vernuwing. Dié blom, wat open as die son opkom, herinner voorts aan vernuwing, verjonging en die sikliese aard van die lewe. Méér nog spreek die botaniese veerkragtigheid van ʼn daglelie tot ʼn dinamiese uithouvermoë in die gesig van teëspoed.

Huiskomitee

2023/2024

LIZARI BOTHMA

Primaria
Klerasie, Sosiale media en Dissipline

CARLIEN SLABBERT

Onderprimaria
Eerstejaars, Klerasie en Dissipline

KAYLA ROETS

Kuns en Kultuur

NINÉ ROETS

Bemarking en Gemeenskap

SONIKA TELEPIS

Sosiaal en Sport

JOHMARI JANSEN VAN RENSBURG

Finansies en Sekretaris

Koshuiswaardes

Waardigheid soos gekoesterde juweel, word daar tot diepgewortelde besef van eiewaarde gespreek.

’n Huis Daglelie-dame dra waardigheid as kroon van trots. Hierdie trots rig haar woorde en dade, en sy tree ten alle tye met respek op. Respek vir haarself, haar Daglelie-familie en haar gemeenskap. Daglelie-dame lééf die waarde van waardigheid elke dag uit. Haar goeie gesindheid en verbondenheid tot haar (dag)huis straal uit haar voort, en haar teenwoordigheid spreek boekdele.

Barmhartigheid of die intense gevoel van ontferming en meelewing teenoor ander is nóg ʼn kenmerkende waarde van Huis Daglelie. Dié opregte meegevoel en begrip spreek tot die hart van elke Daglelie-dame.

’n Daglelie-dame verstaan dat die lewe onvoorspelbaar is, dat omstandighede van persoon tot persoon verskil en dat ons almal ʼn helpende hand waardeer. Sy toon daarom empatie met dié rondom haar, is bereid om te ondersteun, en help graag waar sy ʼn las kan help verlig.

Toewyding: By jou woord bly, jou beste gee, en met oorgawe en geesdrif jouself en jou gawes aan iets toewy. ʼn Huis Daglelie-dame wy met oorgawe en geesdrif haar gawes aan haar Daglelie-familie, mede-Fonties en die gemeenskap toe. Hierdie toewyding getuig van haar verbondenheid tot die waarheid, die skone en die goeie.

Huis Daglelie-dames word voorts geken aan hul betrokkenheid en bereidwilligheid om nie net deel te neem nie, maar haarself ook in die proses te verbeter. Sy neem verantwoordelikheid en ag haar woord as haar eer. Sy is iemand op wie daar staatgemaak kan word.

Koshuiswaardes

Om ʼn plek te wees waar dames wat privaat woon, steeds deel kan voel van ʼn familie en die bruisende studentelewe by Akademia. ʼn Plek waar verhoudings gevorm word. Die familieband vorm die hoeksteen van die daghuis se gemeenskap. Dit oortref blote vriendskap en omvat ʼn diep verbintenis gebaseer op empatie, ondersteuning en kameraadskap. Binne hierdie band smee lede van die daghuis blywende verhoudings, wat mekaar emosionele ondersteuning, asook begrip en geselskap bied. Susterskap bevorder ʼn omgewing waar individue aanvaar, gewaardeer en versorg voel, en waar dames ʼn gevoel van samehorigheid skep.

Algemene vrae

Koshuiskostes

R500 eenmalige aansluitingsfooi

Die doel van ʼn daghuis is om vir studente wat deel van Akademia se voltydse kampusmodel is, maar nie in ʼn koshuis bly nie, die geleentheid te bied om die pret van die koshuis- en studentelewe te geniet. Sodoende kan dié studente koshuisaksies, dinees en alle kultuur- en sportfunksies van die daghuis bywoon en deel vorm van ʼn unieke en besondere koshuiskultuur.

Studente kan aansluit by die daghuis deur ʼn e-pos te stuur na huisdaglelie@akademiastudente.co.za  

Die waarde van daghuise kan nie genoeg beklemtoon word nie. Akademia se vormingsideaal spreek tot die vorming van denke én hart, en in dié roeping speel koshuisstrukture ʼn belangrike rol.

Daghuise bied aan studente die geleentheid om heelhartig deel te word van ʼn unieke koshuiskultuur en stel hulle in staat om só Akademia se bruisende studentelewe eerstehands te ervaar. Nóg ʼn voordeel wat ʼn daghuis ontsluit is die daarstelling van ʼn is die gemeenskapsgevoel wat in koshuisverband gekweek word wat pragtig aansluit by Akademia se roeping as ʼn onafhanklike hoëronderwysinstelling vanuit en vir die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskap.

Alhoewel die daghuis nie oor ʼn spesifieke gebou beskik nie, is daar wel ʼn HK-kantoor op kampus.

Studenteondersteuning

Kontak ons by vangnet@akademia.ac.za om die volgende ondersteuning te ontvang:

Vir enige navrae kan die koshuisbestuur gekontak
word by huisdahlia@akademiastudente.co.za.

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE