PRETORIA-
KAMPUS
Eerstejaarskamp
Die jaarlikse Akademia-eerstejaarskamp is ongetwyfeld ʼn hoogtepunt op ons eerstejaar-Fonties se studentekalender. Hierdie kamp bied aan studente die geleentheid om die Akademia-kultuur en bruisende studentelewe eerstehands te ervaar. Om deel te word van Akademia se studentelewe beteken dat jy deel word van ʼn gemeenskap van omgee, behoort, trots en tradisies. Hierdie kamp vang al dié elemente vas.
Jy kan dus verwag om tydens die 2026-eerstejaarskamp, wat vanaf 20 tot 23 Januarie plaasvind, ʼn avontuurgevulde kampprogram te geniet wat, onder andere, insluit: ʼn voorsmaak van wat dit beteken om ʼn Fontie te wees, die geleentheid om saam met kenners oor leierskap en identiteit te gesels, en leerervarings oor hoe om jou vryheid as student te bestuur. Bowenal lê daar hope pret voor!
Akademia MSW (Maatskappyregistrasienommer: 2005/024616/08) is by die Departement van Hoër Onderwys
en Opleiding as privaat hoëronderwysinstelling geregistreer ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 •
Registrasienommer: 2011/HE08/005 | © Kopiereg 2026 – Akademia – Alle Regte Voorbehou

