Gepubliseer op: 10 Junie 2025
Jan en San Publiek bevind hulself, nou méér as ooit, in ʼn groterwordende skuldstrik. En waar daar vroeër skertsend om braaivleisvure gekla is dat dit voel asof daar meer maand as salaris is, staar menige Suid-Afrikaanse salaristrekkers buitensporige skuldverpligtinge in die gesig.
Só sien die plaaslike skuldlas daarvan uit
Inligting wat deur die skuldberadingsmaatskappy DebtBusters bekendgemaak is oor die skuldindeks vir die eerste kwartaal van 2025 toon dat persoonlike en maandelikse lenings vir ʼn rekordgetal Suid-Afrikaners ʼn reddingsboei geword het. Dié maatskappy reken dat 91% van mense wat om skuldberading aansoek doen oor persoonlike lenings beskik, terwyl 37% van maandelikse lenings (ook genoem betaaldaglenings) afhanklik is.
Volgens die maatskappy Eighty20 se skuldverslag vir die vierde kwartaal van 2024, beloop Suid-Afrikaners se totale skuldlas sowat R2,5 triljoen. Op die keper beskou beteken dit dat 20 miljoen Suid-Afrikaners gesamentlik sowat 51 miljoen se uitstaande lenings het. Die realiteit hiervan is dat persone hul maandelikse salarisse moet gebruik om hierdie skuld te delg wat soms tot ʼn derde van hul netto-inkomste behels.
As jong werkende hoef hierdie egter nie jou realiteit te wees nie. Volgens Monique Bräsler, deeltydse dsent: Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe is dit belangrik om vroeër eerder as later met ʼn pasgemaakte finansiële strategie vorendag te kom.
Maak erns met jou skuldlading
Bräsler verduidelik dat meer en meer mense as gevolg van stygende lewenskostes hul maandelikse uitgawes met krediet óf rekeningtransaksies delg. Ander verbruikers betaal maandeliks slegs die minimum betaalbare bedrag op hul skuld. Beide hierdie praktyke het ʼn daadwerklike impak op persone se langtermyn finansiële welstand terwyl hulle hulself net dieper in die skuldstrik begewe.
In die lig hiervan stel sy die volgende praktiese wenke voor om nie net skuld vinniger af te betaal nie, maar óók om te verhoed dat bykomende skuld aangegaan word:
Neem ses maande se bank- en kredietkaartstate in ag om ʼn aanduiding te kry van presies waarop jy jou geld spandeer. Klein, maar gereelde bedrae vir iets soos wegneemkoffie kan vinnig sneeubal en ʼn groot hap uit jou maandelikse inkomste neem. Nóg ʼn rede waarom dit raadsaam is om dié betragting oor ʼn ses maande periode te doen is omdat spanderingspatrone seisoenaal verander. Deur hierdie benadering te volg is dit maklik om jou maandelikse spanderingsgewoontes te sien en só items te identifiseer waarop jy kan sny en gevolglik jou kontantvloei verbeter ten einde jou skuld af te betaal.
Verstaan jou skuld
Maak ʼn deeglike uiteengesette lys van al jou skuld. Hierdie lys moet die volgende vervat:
Die hoeveelheid rente wat per maand gehef word.
Wat baie mense vergeet is dat daar outomaties op baie kredietkaarte en winkelrekeninge ʼn tipe lewensversekeringsdekking gelaai word om te verseker dat skuld wel na die rekeningpligte se afsterwe gedelg word. Hierdie bykomende koste word nie altyd op state aangedui nie, maar dra by tot die uitstaande skuldpaaiement. Maak daarom seker dat jy jouself deeglik van hierdie versteekte uitgawes vergewis.
Beraam ʼn doelgerigte plan om jou skuld te delg
Die volgende oorwegings moet in dié verband in die oog gehou word:
Vier jou afbetalingsmylpale
Dit is belangrik om elke mylpaal te vier op jou pad na finansiële onafhanklikheid. Vier elke kaart of rekening wat jy suksesvol afbetaal en hou jouself só gemotiveerd.
Bou ʼn noodfonds vir jouself op
Die meeste skuld word aangegaan om noodgevalle die hoof te bied, soos ʼn wasmasjien of motor wat skielik onklaar raak. Die goue reël is om ʼn bedrag verteenwoordigend van ongeveer drie maande se uitgawes in ʼn geldmark te hou wat gekoppel is aan jou bankrekening vir maklike toegang. In wese sal dit beteken dat jy soms jou beleggingsbydraes moet verlaag om skuld te betaal, maar die rentekoerse op winkelrekeninge en kredietkaarte is steeds hoër as die opbrengs wat dié beleggings lewer.
Bräsler sluit af deur te sê dat dit dissipline verg om skuld effektief af te betaal, maar dat die vrugte hiervan beslis die moeite werd is. Deur doelgerig en oopkop na skulddelging te let word die opdraande skuldpad ʼn meer gelyke voetpad na finansiële vryheid,” meen Bräsler.
Akademia MSW (Maatskappyregistrasienommer: 2005/024616/08) is by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as privaat hoëronderwysinstelling geregistreer ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 • Registrasienommer: 2011/HE08/005 | © Kopiereg 2025 – Akademia – Alle Regte Voorbehou
Privaatheidbeleid | Vrywaring | HelpDesk tool provider: HelpDesk | Chat provider: LiveChat
Akademia-skenkingsfonds
Eerste Nasionale Bank
Rekeningnommer: 62857561445
Takkode: 210554
Verwysing: Jou selfoonnommer
Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)
Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.
Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak.
083 254 0142
skenking@akademia.ac.za
Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.