Gepubliseer op: 1 Augustus 2025
Akademia se Departement Bestuurswetenskappe, vanuit die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, het op Vrydag 25 Julie 2025 tydens sy jaarlikse simposium die soeklig op datagedrewe besluitneming gerig. Tydens dié geleentheid, wat op die instelling se Gerhardstraat-kampus aangebied is en ook aan Fonties van oraloor gebeeldsend is, is data en die impak daarvan op die totale waardeketting opnuut beklemtoon deur bewese navorsingsbevindinge, praktykstoepassing en toepaslike gevallestudies.
Verskeie hoëprofielsprekers het tydens die geleentheid opgetree. Die paneel, bestaande uit ervare akademici, voorsieningskettingbestuurders en bemarkingskundiges, het as volg daarvan uitgesien:
Melanie van Rooy, hoofbemarkingsbeampte by die Clicks-groep | Datagedrewe besluitneming en die verbruiker: Waar het dit ontstaan en hoe lyk dit in die praktyk?
Die simposium is deur Elize-Mari Coetzer, departementshoof: Bestuurswetenskappe, geopen terwyl Johann Smith, dosent: Bestuurswetenskappe, en Salomien Boshoff, dosent en vakhoof: Ondernemingsbestuur, twee vraag-en-antwoord-sessies gefasiliteer het.
In haar openingsrede het Coetzer dit gestel dat die waarde van data eers na behore ontsluit word wanneer dit doelgerig georganiseer, gekontekstualiseer en geanaliseer word. “In ʼn snelveranderende wêreld waarin besighede daagliks met ʼn tsunami van data gekonfronteer word, is dit belangrik om oor die kritiese vaardighede te beskik wat jou in staat stel om data oor te skakel na kennis. Sodoende kan jy toegeruswees om wyse en weldeurdagte besigheidsbesluite te neem,” sê Coetzer. Sy voeg by dat dié vaardigheid, binne die milieu van verantwoordbare besigheidspraktyk, ook die oordeelkundige én etiese interpretasie en aanwending van data behels.
Data as die niskommoditeit van besigheid
Volgens Van Biljon is dit van kardinale belang dat toekomsgerigte praktisyns binne die voorsieningskettingomgewing die veelvlakkige raakpunte van data sal begryp ten einde werkbare en insiggewende intelligensie daaruit te kan put. “Data, soos olie en goud in die verlede, is die nuwe niskommoditeit van besigheid en méér so in voorsieningskettingbestuur,” sê Van Biljon.
Hy gaan voort deur te verduidelik dat daar verskeie paradigmaverskuiwings binne die voorsieningsketting aan die werk is, en dat dit derhalwe strategiese herkonfigurasie vir unieke uitdagings en realiteite noodsaak. Van Biljon illustreer die impak van hierdie paradigma-verskuiwings deur te noem dat dit oor die bestek van die laaste vyf jaar méér beduidend aan die orde van die dag is as oor die voorafgaande twintig jaar. Die gevolg hiervan is:
dat effektiewe dataontleding die sleutel tot veerkragtigheid is.
“Wanneer paradigmas skuif, begin elkeen weer by nul en daarom is dit belangrik om by hierdie herstelpunt te besef dat vorige strategiese oorwegings dalk nie meer geldig is nie en dat ʼn deurlopende leerproses noodsaaklik is,” meen Van Biljon. Hy voeg by dat, gedagtig hieraan, praktisyns byvoorbeeld slegs deur kunsmatige intelligensie (KI) vervang sal word as hulle nie die kern van databestuur bemeester nie.
Die dataintelligensie-trio van belyning, strategie en integrasie
Op sy beurt het Kok gewys op die belangrikheid van belyning, strategie en integrasie ten einde data effektief in die praktyk te benut. Hy is van mening dat, hoe beter die aard van die data is waarmee praktisyns te make het, hoe beter die kennis sal wees wat daaruit ontgin kan word. Laasgenoemde sal dienooreenkomstig die aard en effektiwiteit van besluitneming beïnvloed.
“Data is lank nie meer nét ʼn gonswoord nie, maar die realiteit van die dag. Dit is voorts ook belangrik om te besef dat data ʼn integrale deel van strategie is, en nie die gevolg van nuwe en ontwikkelende tegnologieë is nie,” verduidelik Kok.
Hy het afgesluit deur te sê dat dit binne die voorsieningskettingraamwerk nie meer net oor koop en verkoop gaan nie, maar eerder oor langtermynvolhoubaarheid. Hierdie volhoubaarheid beïnvloed nie net strategiese besluitneming nie, maar verhoog ook die aandeelhouerswaarde en winsgewendheid van maatskappye, optimaliseer diensverskaffing én rus elke persoon in ʼn verskaffingskettingposisie toe as ʼn behendige toekomsgedrewe data-analis.
Data as ʼn waardevolle bate vir elke bemarker
Volgens Van Rooy verteenwoordig die sinvolle integrasie van data binne die bemarkingsveld ʼn opwindende nuwe speelveld vir bemarkers. In die lig hiervan is sy daarvan oortuig dat die basiese definisie van bemarking aangepas moet word om voortaan ook dataryke-besluitneming te omvat
Vir Van Rooy lê die uitdaging van hierdie nuwe omgewing opgesluit in verantwoordbare datagebruik en sal bemarkers hulself deeglik van die etiese gebruik hiervan moet vergewis. Gedagtig hieraan het sy studente aangeraai om hulself aktief in data-analise te skool, omdat hedendaagse bemarkers data nie net moet verstaan nie, maar dit ook moet kan visualiseer.
In haar aanbieding het sy verskeie gevallestudies met die gehoor gedeel en prakties geïllustreer hoe data gebruik kan word om kommunikasie te verpersoonlik en om kommunikasiekanaalstrategieë te verfyn en te verskerp. “Hedendaagse bemarkingspanne beskik oor datawetenskaplikes wat aan die hand van deeglike analise en interpretasie help om treffende bemarkingstrategieë te formuleer,” sê Van Rooy.
Op die vraag of data en gepaardgaande interpretasietegnologieë in die toekoms die uitsluitlike fokus van bemarking sal word, antwoord Van Rooy dat die menslike faktor nooit uit dié spesialisveld sal verdwyn nie. Die onus sal egter op bemarkers rus om hulself met datavaardighede toe te rus en van die uitdagings wat met data gepaardgaan, soos datamisbruik en kubermisdaad, te vergewis.
Sy het haar aanbieding afgesluit deur die volgende belangrike vaardighede vir enige bemarker se arsenaal weer te gee:
kreatiwiteit.
Ná afloop van die simposium meen Coetzer dat die doel van die jaarlikse simposium tweeledig is. Eerstens was die doel om deelnemers toe te rus met ʼn groter bewustheid oor die belangrikheid van data as ʼn besluitnemingsmeganisme, en tweedens om ʼn brug tussen die akademie en die praktyk te slaan.
Akademia MSW (Maatskappyregistrasienommer: 2005/024616/08) is by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as privaat hoëronderwysinstelling geregistreer ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 • Registrasienommer: 2011/HE08/005 | © Kopiereg 2025 – Akademia – Alle Regte Voorbehou
Privaatheidbeleid | Vrywaring | HelpDesk tool provider: HelpDesk | Chat provider: LiveChat
Akademia-skenkingsfonds
Eerste Nasionale Bank
Rekeningnommer: 62857561445
Takkode: 210554
Verwysing: Jou selfoonnommer
Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)
Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.
Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak.
083 254 0142
skenking@akademia.ac.za
Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.