6 Februarie
Eerste klasse skop af vir BSc (Rekenaarwetenskappe) en LLB op die voltydse kampusmodel.
13 April
Akademia-simposium bespreek geleenthede en uitdagings in die Afrikaanse media.
9 Junie
Akademia vier Wêreldakkreditasiedag met antwoorde op gereelde vrae rakende akkreditasie en erkenning van kwalifikasies wat aan die instelling gerig word.
28 Augustus
Akademia tree as gasheer op vir ʼn konferensie deur die Discovery Institute vanuit die VSA.
1 November 2023
Akademia het Zydèlia Venter as die nuwe hoof vir Bemarking en Kommunikasie aangestel.
18 April
Akademia se koffiewinkel, Sowel As, vier eerste verjaarsdag.
22-23 Julie
Akademia se NP van Wyk Louw-sentrum het vanjaar weer die voorreg gehad om die jaarlikse Teologie en Filosofie-konferensie, wat op die Leriba-kampus in Centurion plaasgevind het, aan te bied.
26 Oktober
Die BComHons (Ondernemingsbestuur)-studente het hul nuutgevonde navorsingskennis en -vaardighede tydens ’n spesiale voorleggingsgeleentheid ten toon gestel.
26 Maart
Akademia stel sy L-E-E-S!-projek bekend ter viering van Afrikaans 100.
19 September
ʼn Afvaardiging van Akademia se akademici en bedryfspersoneel lê ʼn besoek aan Hillsdale College in Michigan in die Verenigde State af.
11 Januarie
Akademia verhuis na ’n nuwe perseel in Centurion.
24 Februarie
Akademia publiseer sy eerste boek, ’n Afrikaanse vertaling van Plato se Verdediging van Sokrates.
8 Februarie
Die instelling kondig aan dat ʼn CIMA-toekenning vir onderriguitnemendheid tydens ʼn virtuele toekenningsplegtigheid ontvang is.
27 September
Die splinternuwe studenteraad (SR) vir 2021/2022 is op die Centurion-kampus tydens ʼn spoggeleentheid ingehuldig.
21 en 22 April
Akademia ken die meeste kwalifikasies nog toe tydens die jaarlikse kwalifikasieplegtigheid. ʼn Totaal van 339 kwalifikasies is by die Atterbury Teater in Pretoria toegeken.