23 Maart
Akademia stel navorsingsuitslae van #Studentelewe-veldtog bekend.
12 Mei
Akademia-kampusopedag rigtingaanwyser vir talle voornemende Fonties.
20 Julie
Die NP van Wyk Louw-sentrum ontvang vir prof. Johann Rossouw van die Universiteit van die Vrystaat (UV) om ʼn openbare lesing te lewer.
10 en 11 November
Akademia hou ʼn netwerkgeleentheid en sentrumopedag by die Moot-sentrum in Pretoria.
14 Maart
Akademia het die splinternuwe program, BA (Taalstudies), bekendgestel wat vanaf 2025 op die voltydse kampusmodel aangebied sal word, asook die instelling se nuwe Taalsentrum.
15 Mei
Prof. Basie von Solms, navorsingsprofessor in kubersekuriteit aan die Universiteit van Johannesburg se Sentrum vir Kubersekuriteit het as gasspreker opgetree tydens ʼn openbare lesing wat deur Akademia se Fakulteit Natuurwetenskappe aangebied is.
10 September
Akademia se Fakulteit Regsgeleerdheid het ʼn simposium aangebied oor Geneeskundige Reg in die akademie en die praktyk.
15 Januarie
Akademia stel met trots die Nagraadse Diploma in Skoolleierskap en -bestuur bekend.
24 Junie
Die Fakulteit Geesteswetenskappe het tydens ʼn spesiale bekendstellingsgeleentheid by Pierneef’s Kraal in Pretoria ʼn glasie ter viering van die instelling se nuwe BA (Algemeen)-program geklink.
Die Begin
Akademia maak sy deure vir die eerste keer op die Solidariteit-perseel oop.
9 Februarie
Akademia-studente woon eerste JOOL by.
23 April
Akademia kondig aan dat klasse ongeag die pandemie ononderbroke voortgaan.
8 Junie
Akademia het ʼn splinternuwe herwinningsprojek op die Centurion-kampus geloods.
24 Februarie
Die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe hou ʼn begrotingsrede-funksie waar kenners die 2022-begrotingsrede bespreek.
20 Julie
André Pienaar, stigter en voorsitter van C5 Capital, het op 19 Julie ʼn gaslesing by Akademia se Centurion-kampus vir Akademia-studente en personeel aangebied.