*Die Paarl-kampus is voorlopig goedgekeur

17 Februarie

Akademia bied heel eerste eerstejaarskonsert aan.

24 April

Akademia vereer studente en personeel se uitnemende prestasies by akademiese prestigefunksie.

3 Julie

Fonties op die Centurion-kampus het deelgeneem aan Omgeeweek waar nie-bederfbare voedselprodukte, huishoudelike items en méér as 312 kg se voorheen geliefde klerasie ook ingesamel is.

20 September

Akademia het onlangs die topdriesakeplanne aangewys vir vanjaar se BCom (Ondernemingsbestuur): Sakeplankompetisie.

18 Februarie

Akademia bied eerste Primus Chorum aan vir eerstejaarstudente.

25 April

Akademia lewer 384 studente af by jaarlikse kwalifikasieplegtigheid.

10 Julie

Akademia het onlangs ʼn loopbaanskou op die Centurion-kampus aangebied waar verskeie instellings die kans gehad het om hul loopbaangeleenthede aan Akademia-studente, oftewel Fonties, te bemark.

6 Oktober

Akademia het op 6 Oktober 2023 die wenner van die gewilde BCom (Ondernemingsbestuur): Sakeplankompetisie aangewys. Die wenner is Abigail Fourie en haar besigheid, Perfect Moments.

22 Februarie

Akademia-paneelgesprek reflekteer oor begrotingsrede.

8 Mei

Akademia vier Afrikaansdag as trotse Afrikaanse hoëronderwysinstelling.

13 Julie

Akademia se eerste internasionale Teologie en Filosofie-konferensie het vanjaar vanaf 13 tot 15 Julie in Centurion plaasgevind.

13 en 14 Oktober

Akademia hou ʼn netwerkgeleentheid en sentrumopedag in onderskeidelik Bloemfontein en George.

27 Februarie

Akademia belê verder in moedertaalonderrig met Afrikaanse handboekvertaling.

9 Mei

Eerste openbare lesing vanuit die NP van Wyk Louw-sentrum deur prof. Reitze Rodseth vind plaas.

25 Julie

Ariana Venus Behr-Greeff is ʼn eerstejaar BSc (Rekenaarwetenskappe)-student wat onlangs aangewys is as deel van die top 24-deelnemers van Die Kontrak.