30 Januarie
Akademia verwelkom die eerste studente vir die nagraadse diplomas in onderskeidelik Belasting en Bestuursrekeningkunde tydens hulle oriëntering.
9 September
Akademia plant “Vlam van die Vlakte” ter viering van boomplantweek.
8 Februarie
Die instelling kondig aan dat ʼn CIMA-toekenning vir onderriguitnemendheid tydens ʼn virtuele toekenningsplegtigheid ontvang is.
27 September
Die splinternuwe studenteraad (SR) vir 2021/2022 is op die Centurion-kampus tydens ʼn spoggeleentheid ingehuldig.
25 Februarie
Akademia kondig met trots aan dat die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe versterk het met die aanstelling van dr. Rachel Maritz.
05 Oktober
Akademia het op Wêreldonderwysersdag die Fakulteit Opvoedkunde amptelik by die AfriForum Teater bekendgestel.
26 Februarie
Die nuut-ingerigte Centurion-kampus word aanlyn bekendgestel.
11 November
Akademia het die nuus aangekondig dat ʼn BEd (Grondslagfase-onderwys)-program vanaf 2022 voltyds by die Gerhardstraatkampus in Centurion aangebied gaan word.