26 Februarie

Die nuut-ingerigte Centurion-kampus word aanlyn bekendgestel.

11 November

Akademia het die nuus aangekondig dat ʼn BEd (Grondslagfase-onderwys)-program vanaf 2022 voltyds by die Gerhardstraatkampus in Centurion aangebied gaan word.

6 Maart

Akademia hou vir die eerste keer ooit ʼn kampusdeurry ter viering van die kampusopening.

19 November

Splinternuwe privaat studenteverblyf is bekendgestel vir Akademia-studente, genaamd koshuis@Leriba.

9 Maart

Akademia verwelkom eerstejaarstudente in BA (Kommunikasie en Joernalistiek) en BSc (Wiskundige Wetenskappe) tydens die oriëntering wat op die Centurion-kampus plaasvind.

20 November

Die eerste statige direkteursbal word vir Akademia-personeel en -studente aangebied.

8 Maart

Akademia verwelkom eerstejaarstudente in BCom (Finansiële en Bestuursrekeningkunde) tydens die oriëntering wat op die Centurion-kampus plaasvind.

12 Maart

Akademia ken welverdiende kwalifikasies in absentia toe. Hierdie kwalifikasietoekennings is die meeste wat Akademia nóg toegeken het!