Kampusopedag 10 en 11 Mei 2024

Search
Close this search box.

1 Februarie

Akademia verwelkom die eerste studente in Baccalaureus Legum (LLB).

24-26 Januarie

Een en veertig eerstejaarstudente reis van heinde en verre om Akademia se heel eerste eerstejaarskamp by Camp Discovery, buite Pretoria, by te woon.

3 Februarie

Akademia hou die heel eerste amptelike akademiese opening.

2 Junie

Akademia stel ʼn voltydse kampusmodel aanlyn bekend. Studente sal bedags kan klas draf op die Centurion-kampus.

25 Junie

Akademia het ʼn baanbrekersprestasie behaal met die publikasie van sy eerste oorspronklike boek, Knooppunte: Opstelle vir en oor Danie Goosen.

8 April

Akademia maak bekend dat die instelling se eerste nagraadse kwalifikasies, en ʼn eerste programaanbod vanuit die Fakulteit Opvoedkunde, vanaf 2021 op die nauurse afstandmodel aangebied sal word.

23 April

Akademia kondig aan dat klasse ongeag die pandemie ononderbroke voortgaan.

12 Junie

Akademia stel ʼn gratis Afrikaanse verwysingsgids vir skole beskikbaar.

30 Junie

Akademia kondig aan dat BSc (Wiskundige Wetenskappe), ʼn eerste in die Fakulteit Natuurwetenskappe, vanaf 2021 op die Centurion-kampus aangebied gaan word.

7 Augustus

Akademia publiseer sy eerste oorspronklike werk, opgevolg met ʼn monumentale boek oor die Middeleeuse filosofie.

25 November

ʼn Opwindende nuwe kwalifikasie, BA (Kommunikasie en Joernalistiek), word tydens ʼn spoggeleentheid bekendgestel.