Akademia-kundiges help jong skoolleiers om impakvolle mentors te word

Gepubliseer op: 7 Februarie 2025

Akademia as ʼn gemeenskapsinstelling het dit ten doel om by uitstek diensbaar te wees aan die onderskeie gemeenskappe waarin die instelling funksioneer. Gedagtig hieraan het dosente* verbonde aan die Fakulteit Opvoedkunde aan die einde van Januarie ʼn opleidingsgeleentheid in Mpumalanga aangebied wat op mentorskapsvaardighede vir jong skoolleiers gefokus het.

Volgens Marizahn Wentzel, dosent: Professionele Studies, en Nadia Herbst, koördineerder: Werkgeïntegreerde leer – wat ook as fasiliteerders opgetree het, het die opleiding dit ten doel gehad om senior skoliere van Hoërskool Middelburg as mentors toe te rus en só hul leierskapsvaardighede uit te brei. Dié leiers word onder meer getaak om as mentors op te tree vir die skool se nuwe groep graad 8-leerlinge vir wie die hoërskoolervaring nuut en onbekend is. Aspekte waarmee dié nuwelinge veral leiding benodig sluit onder meer in goeie gewoontevorming, verhoudingsaangeleenthede, selfregulering, effektiewe tydsbestuur, en konflikhantering. Nóg ʼn belangrike gesprekspunt was die verantwoordelike en effektiewe gebruik van sosiale media en slimfoontoepassings. Laasgenoemde verwys veral na toepassings wat studiehulpmiddels en tydsbestuurswenke bied.

Alhoewel die konsep van mentorskap nie ʼn nuwe tendens is nie, meen Wentzel en Herbst dat vaardigheidsopleiding hierin, veral vir skoolgaande leerders, van kardinale belang is as gevolg van die lewensveranderende aard daarvan. Behalwe vir die opleiding met die leerder-mentors het die Akademia-kundiges ook ʼn ondersteunende werkboek daargestel waarvan die inhoud oor ʼn periode van ses weke met die graad 8-leerlinge deur die skoolleiers deurgewerk gaan word.

“Die vermoë om ʼn mentor te wees, is ʼn karaktereienskap, maar ook ʼn kritiese vaardigheid, waaroor leiers op welke vlak van invloed oor moet beskik,” meen Wentzel. Op haar beurt voeg Herbst by dat mentorskapsopleiding en -vaardighede waardevolle toevoegings is op enige individu se reis as lewenslange en toekomsgerigte leerder.

*Die Akademia-afvaardiging het bestaan uit Wentzel, Herbst, Susan O’Reilly (departementshoof: Opvoedkundestudies) en Jhani Pottas (dosent: Opvoedkundestudies).

Marizahn Wentzel, dosent: Professionele Studies by Akademia, meen dit is nooit te vroeg om met mentorskapsopleiding te begin nie. Dié vaardigheid is ʼn belangrike toevoeging tot enige persoon se vaardigheidsmondering.

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 


Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.