Gepubliseer op: 3 Junie 2025
Sedert die ontstaan van die Akademia-koor in Augustus 2021 het dié musikale ensemble nie net reeds tientalle gehore bekoor nie, maar óók verskeie hoogtepunte bereik. Een só ʼn hoogtepunt is die samestelling van die eerste koorkomitee in Meimaand vanjaar.
Volgens Mariska Bolleurs, koördineerder: Studentesake by Akademia, het die nuutgevonde koorkomitee, wat uit dienende koorlede bestaan, dit ten doel om die instelling se vormingsideaal verder te ondersteun. “Akademia streef daarna om te verseker dat studente tot verantwoordbare roepingsgedrewe individue gevorm word, en in die lig hiervan speel leierskapsvaardighede ʼn belangrike rol,” verduidelik Bolleurs. Sy voeg by dat deur hulself verkiesbaar te stel vir die komitee, koorlede die geleentheid het om ʼn aktiewe rol in die ontwikkeling en gepaardgaande bestuur van die Akademia-koor te speel.
“Die Akademia-koor vorm nie net deel van die ritmiese hartklop van die instelling se bruisende studentelewe nie, maar spreek óók tot die klassieke universiteitskultuur,” meen Bolleurs. Sy voeg by dat die samestelling van die komitee op só ʼn wyse gedoen is dat dit die veelsydige aard van die koor sal komplimenteer.
Derhalwe vir ondersteuning aan die koor, slaan die komitee voorts ʼn brug tussen die instelling se Studentesake-afdeling en die groter studentegemeenskap. In die vervulling van hierdie doelwitte sal die komitee betrokke wees by die reël van spesiale geleenthede, die insameling van fondse, skakeling met eksterne netwerke, die oorkoepelende bemarking van die koor asook die verdieping van die bestaande koorkultuur.
Die volgende portefeuljes word in die komitee vervat:
Voorsitter, Jenae Pietersen
Bolleurs voeg by dat twee bykomende lede as ondersteuning vir dié uitvoerende komitee aangewys is, naamlik Minette Vorster en Nadine Nel.
Meer oor die Akademia-koor
Die koor, onder leiding van die befaamde dirigent en komponeerder, Franco Prinsloo, het net minder as vier jaar terug met slegs twintig lede begin. Vanjaar spog die koor met 61 toegewyde koorlede.
Hoogtepunte op die koor se musikale kerfstok sluit onder meer in:
Akademia MSW (Maatskappyregistrasienommer: 2005/024616/08) is by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as privaat hoëronderwysinstelling geregistreer ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 • Registrasienommer: 2011/HE08/005 | © Kopiereg 2025 – Akademia – Alle Regte Voorbehou
Privaatheidbeleid | Vrywaring | HelpDesk tool provider: HelpDesk | Chat provider: LiveChat
Akademia-skenkingsfonds
Eerste Nasionale Bank
Rekeningnommer: 62857561445
Takkode: 210554
Verwysing: Jou selfoonnommer
Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)
Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.
Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak.
083 254 0142
skenking@akademia.ac.za
Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.