Search
Close this search box.

Akademia is bedrywig in die Wes-Kaap

Gepubliseer op: 22 Oktober 2024

Akademia se gebeurlikheidskalender vir die Wes-Kaap is propvol en daar heers groot opgewondenheid oor elkeen van hierdie gebeurlikhede, veral in die lig van die instelling se voorgenome uitbreiding na dié streek. Dié aankondiging is vroeër vanjaar gemaak, en daar word sedertdien hard aan die vestigingsproses gewerk om die deure van hierdie satellietkampus in 2026 in die Paarl te open.

Hierdie bedrywighede omvat méér as net die aktiwiteite by die bestaande sentrumnetwerk waar Fonties via die instelling se nauurse afsandsmodel studeer. Dié sentrums is in George, die Paarl en Somerset-Wes geleë.

Vlymskerpbesigheid in ʼn japtrap: Besigheidswerkswinkel en netwerkgeleentheid

Indien jy jouself in die Wes-Kaap bevind, én daarin belangstel om jou sakevaardighede op te skerp, dagboek Donderdag 7 November 2024. Op dié dag bied Akademia ʼn dinamiese besigheidswerkswinkel en netwerkgeleentheid aan. Die Vlymskerpbesigheid in ʼn japtrap-geleentheid is reeds met groot welslae in Bloemfontein, die Moot in Pretoria én Potchefstroom aangebied.

Tydens hierdie geleentheid sal die fokus op kennisverryking en professionele ontwikkeling val, en sal aangeleenthede soos finansies, bemarking en innovasie aandag geniet. Die volgende werkswinkels sal deur Akademia-dosente, as vooraanstaande kenners op hul onderskeie gebiede, aangebied word:

  • Verskerp jou finansiële vaardighede deur Shaun Coetzee
  • Inskerp van bemarkingsbeginsels deur Salomien Boshoff
  • Opskerp van innovasie vir jou besigheid deur Johann Smith

Hierdie geleentheid sal plaasvind by Akademia se Paarl-sentrum (Historium) in Pastorielaan 11, Esterville vanaf 08:30 tot 17:00. Die koste beloop R450 per individuele kaartjie en daar is ʼn groepkorting beskikbaar teen R2 000 vir ʼn groepbespreking van vyf mense. Jou kaartjie sluit alle werkswinkels, ʼn netwerkgeleentheid, verversings en ʼn opleidingspakkie in. Om teleurstelling te voorkom, word jy vriendelik versoek om jou sitplek vroegtydig te bespreek deur jou kaartjie op Die Winkel aan te koop.

ʼn Besige geleentheidskalender

Volgens Mareli Swanepoel, bestuurder: Institusionele projekte en ondernemings by Akademia, is die instelling se Wes-Kaapse gebeurlikheidskalender propvol. Komende geleenthede sluit onder meer in ʼn kuiergeleentheid vir finalejaarstudente en alumni in dié streek, asook ʼn prestige-ontbyt vir sakelui, gemeenskapsleiers en onderwysers.

Hierbenewens is die instelling ook betrokke by die Vrouenetwerk en AfriForum Sakenetwerk se bedrywighede in die streek. Vroeër vanjaar is daar ook reeds ʼn baie suksesvolle sentrumopedag in George gehou asook ʼn studentesimposium en netwerkgeleentheid. Laasgenoemde is deur die Fakulteit Regsgeleerdheid in samewerking met die Solidariteit Regsnetwerk aangebied.

“As ʼn instelling is ons opgewonde oor ons uitbreiding na en verdere vesting in die Wes-Kaap, asook die toekomstige impak wat ons hier sal kan maak,” sluit Swanepoel af. Sy nooi belangstellendes om indien daar enige verdere navrae is, ʼn e-pos te stuur na akaprojekte@akademia.ac.za.

Deelnemers aan Akademia se Vlymskerpbesigheid in ʼn japtrap: Werkswinkels en netwerkgeleenthede verteenwoordig verskillende beroepsvelde. Hierdie velde sluit onder meer georganiseerde landbou, die mediese bedryf, klein en medium-grootte ondernemings, entrepreneurs, die regswese en die onderwyssektor in.

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 


Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.