Akademia hou opedag – kom doen aansoek vir 2018
Gepubliseer op: 15 Maart 2017
Akademia is ‘n gemeenskapsinstelling binne die Westerse tradisie en bied gehalte onderrig in Afrikaans. Stuur jou loopbaan in die regte rigting deur vir een van ons grade, gevorderde diplomas of hoër sertifikate in te skryf:
- BCom (Ondernemingsbestuur)
- BCom (Bestuursrekeningkunde)
- BCom (Ekonomie en Regte)
- BCom (Finansiële Beplanning)
- Gevorderde Diploma in Projekbestuur
- Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde
- Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie
Opedag vind by vier van Akademia se studiesentrums plaas:
- Bloemfontein:Groenewoudstraat 48, Bloemfontein
- Centurion:H/v Von Willichlaan en Suidstraat, Die Hoewes, Centurion
- George:Eerste vloer, Joubert-plaza, Meadestraat 100, George
- Somerset-Wes:Firmountweg 82, Briza, Somerset-Wes
Studente wat sukkel om aanlyn aansoek te doen, kan hul gesertifiseerde dokumentasie na die opedag saambring, waar hul gehelp sal word om die aanlynaansoekvorm in te vul. Bring die volgende dokumente saam:
- Gewaarmerkte afskrif van ID-dokument
- Gewaarmerkte afskrif van matrieksertifikaat (ook vir 2017-matrieks)
- Nuutste CV
- Gewaarmerkte afskrif van enige ander reeds voltooide tersiêre kwalifikasie wat behaal is
Ons sien daarna uit om u tydens die opedag te ontmoet!
Program vir die dag:
10:00 Opening en verwelkoming
10:10 Waarom Akademia en hoe lyk die pad vorentoe?
10:20 Hoe werk die Akademia-model en akademiese jaar?
10:30 Verduideliking van die verskeie studierigtings met vraag-en-antwoord-geleentheid
11:00 Program eindig – algemene navrae en hulp met aansoeke nou moontlik
Die program herhaal om 12:00.
Vir navrae, kontak Akademia by 0861 222 888, e-pos na navrae@akademia.a.c.za of SMS ons by 34933 (R2 per SMS).
Klik hier vir meer inligting oor registrasie.