*Die Paarl-kampus is voorlopig goedgekeur
Gepubliseer op: 28 Januarie 2026
Die finansiële werklikheid van stygende lewenskoste tref ʼn mens soms soos ʼn vuishou in die maag, meer nog as jy ʼn studiedroom koester. Moenie bevrees wees nie, daar is hoop! Akademia se finansieringsopsies bied die nodige hulp en gerusstelling om só stukrag aan jou studiereis te gee.
Hier is drie finansieringsopsies wat jy kan oorweeg:
Aanpasbare betalingsopsies: laat jou begroting vir jóú werk
Die instelling se betalingsplanne is veelsydig en bied aan jou die geleentheid om jou studiegelde op ʼn aanpasbare manier af te betaal. Hierdie opsies is van toepassing op beide die voltydse kampusmodel én die nauurse afstandsmodel.
Hier is jou keuses:
paaiemente wat oor die bestek van die akademiese jaar versprei word.
Studieondersteuning vanaf Solidariteit Finansiële Dienste (SFD) of Solidariteit Helpende Hand Studietrust
Tydens jou aansoek by Akademia kan jy reeds aandui dat jy finansiële ondersteuning benodig. Indien jy ʼn verdienstige voornemende student is, maar nie vir die SFD-studielening kwalifiseer nie, sal jy outomaties na die Solidariteit Helpende Hand Studietrust verwys word. Helpende Hand Studietrust bied rentevrye lenings aan verdienstige studente.
Akademiese merietebeurse
Hierdie beurse word outomaties aan studente toegeken wat direk ná graad 12 hul studie begin en vir drie- of vierjaarbaccalaureusgrade geregistreer is. Die merietebeurse strek tot ʼn maksimum van R50 000 per student, en kan slegs as koshuisfooie of studiegelde gebruik word. Vir meer inligting hieroor, besoek Akademia se webtuiste.
Moenie dat finansies ʼn struikelblok word nie
Akademia is ʼn studietuiste wat nie nét jou akademiese groei ondersteun nie, maar ook aan jou die nodige boublokke voorsien om vorming en akademiese uitnemendheid moontlik te maak. Moenie huiwer nie – gebruik die bogenoemde finansieringsopsies om die pad na jou toekoms te baan.
Besoek die Akademia-webblad vir meer inligting. Voorgraadse vir die 2026- akademiese jaar sluit op 30 Januarie.

Akademia-skenkingsfonds
Eerste Nasionale Bank
Rekeningnommer: 62857561445
Takkode: 210554
Verwysing: Jou selfoonnommer
Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)
Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.
Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak.
083 254 0142
skenking@akademia.ac.za
Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.