*Die Paarl-kampus is voorlopig goedgekeur
Gepubliseer op: 26 Februarie 2026
Akademia se Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe het op Donderdag 26 Februarie 2026 ʼn paneelgesprek in reaksie op die begrotingsrede van minister Enoch Godongwana aangebied. Dié gesprek is in samewerking met mediavennote, Maroela Media en Pretoria FM, by die instelling se Leriba-kampus in Pretoria aangebied.
ʼn Paneel kundiges vanuit die ekonomie, politiek en belastingsveld het tydens hierdie geleentheid die begroting in konteks geplaas en die werklike implikasies daarvan prakties uiteengesit. Die doel van die gesprek was om duidelike, toeganklike antwoorde aan die algemene publiek te gee oor wat werklik in die begrotingsrede gesê is, en om kompleksiteite te vereenvoudig sodat ingeligte gesprekke en begrip bevorder kan word.
Die paneel wat aan die gesprek deelgeneem het, sluit in:
Rika Calitz, departementshoof: Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe
Susan Botha, ʼn omroeper by Pretoria FM, het as gespreksfasiliteerder opgetree.
In haar openingsboodskap het dr. Rachel Maritz, dekaan: Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, genoem dat Akademia reeds vir die afgelope ses jaar hierdie geleentheid aanbied as ʼn kritiese nabetragting oor die mediumtermynbegrotingsraamwerk. Dit is vanjaar die tweede keer dat Maroela Media en Pretoria FM as mediavennote aan boord is.
Gesprekspunte wat vir lewendige debatvoering gesorg het, sluit onder meer in:
welstandstoelae
Calitz het die gesprek ingelui deur te sê dat die oorsigtelike indrukke van die begroting positief is. Sy noem onder meer dat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) meer inkomste ingevorder het, dat kommoditeite goed verhandel, dat die plaaslike geldmark (ná afloop van die begrotingsrede) versterk het, die inflasiekoerse aangepas is én dat die land van die globale gryslys verwyder is. Die vraag, volgens Calitz, is egter of Suid-Afrikaners se verwagtinge laag is – veral na verlede jaar se begrotingsrededrama – en of daar werklik hoop is vir die ekonomie.
Volgens Mynhardt is daar rede om “versigtig optimisties” te wees oor die begroting, en sy som haar indrukke op deur te sê dat daar besliste groen lote aan die bot is vir die Suid-Afrikaanse ekonomie. Sy waarsku egter dat hierdie groei, onder die omstandighede en gegewe die benarde fiskale en ekonomiese geskiedenis, doelgerig uitgebou moet word.
Wat staatskuld betref, verduidelik Rossouw dat hy van die uitgangspunt is dat beter nie noodwendig goed is nie. Hy meen dat daar ʼn wanbegrip bestaan oor die stabilisering van die staat se skuldlas, soos uitgewys in die begrotingsrede. “Die skuld neem steeds toe, dit neem egter af as ʼn persentasie van BBP,” meen Rossouw en voeg by dat hierdie afname ook eers vanaf volgende jaar in werking sal tree. Laasgenoemde laat Rossouw bekommerd oor wat die stand van sake vir hierdie geldjaar sal wees. “Die minister het ʼn groot gewag gemaak van iets wat in werklikheid nie gebeur nie, die skuld neem steeds toe en in wese is dit slegs die skuldverhoudings wat verbeter,” sê Rossouw.
Die noue plaaslike belastingsbetalersband en die feit dat persoonlike belasting ongeveer 37% van die staat se inkomste verteenwoordig, is volgens Janse van Rensburg ʼn geweldige probleem. “Die belastingbasis bly krimp en daar is geen aanduiding dat dit in die nabye toekoms gaan verbreed nie,” voorspel Janse van Rensburg en voeg by dat hierbenewens individue van hoë welvaart besig is om die land te verlaat en toenemend in die buiteland te investeer. Hy is van mening dat dié basis deur indirekte belastings verbreed sal kan word, byvoorbeeld deur BTW en doeane- en aksynsbelasting. Hy beskryf hierdie as “ongewilde” belasting, veral in ʼn verkiesingsjaar.
Die feit dat vanjaar ʼn munisipale verskiesingsjaar is, speel volgens die paneellede ʼn beduidende rol in nie nét die begrotingsrede nie, maar ook president Cyril Ramaphosa se staatsrede. Hierdie impak word veral gesien in die gesprekke oor en die aanmoediging van privaatsektorbetrokkenheid. Volgens Rossouw is ʼn eerste stap om plaaslike owerhede te verbeter om beleggingsmoontlikhede aan te wakker, werk te skep, die persoonlike belastingsbasis te verbreed én uiteindelik die ekonomie te laat groei.
Ter afsluiting is die paneel dit eens dat Suid-Afrikaners vanjaar as verantwoordbare landsburgers, ter wille van verbetering en groei, hul stempel by die stembus moet afdruk.
Kyk die volledige gesprek hier.



Akademia-skenkingsfonds
Eerste Nasionale Bank
Rekeningnommer: 62857561445
Takkode: 210554
Verwysing: Jou selfoonnommer
Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)
Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.
Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak.
083 254 0142
skenking@akademia.ac.za
Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.