Aanlyn inligtingsessie verken Akademia se BAHons (Media en Kommunikasie)-program vir 2026

Gepubliseer op: 23 September 2025

Is jy ʼn media- en kommunikasiepraktisyn wat jouself in die snelveranderende postdigitale era wil onderskei? Indien wel, nooi Akademia se Departement Tale en Kultuurwetenskappe, soos gesetel in die Fakulteit Geesteswetenskappe, jou uit om die BAHons (Media en Kommunikasie)-program tydens sy aanlyn inligtingsessie te verken. Dié sessie vind op Donderdag 16 Oktober 2025 vanaf 17:30 tot 19:00 plaas.

Meer oor die program

Dié program, wat vanjaar sy eerste inname van studente gehad het, word op NKR-vlak 8 geposisioneer en word via die instelling se voltydse kampusmodel in Pretoria aangebied. Die program het dit verder ten doel om studente toe te rus met diepgaande teoretiese kennis sowel as gevorderde praktiese en kritiese vaardighede. Hierdie toerusting is ideaal vir diegene wat beroepe wil volg in joernalistiek, mediabestuur, sosiale media, openbare skakeling, die advertensiewese, kommunikasiebestuur, die uitgewerswese, opvoedkunde, digitale media, navorsing én die openbare sektor.

Volgens dr. Alé Steyn, departementshoof: Tale en Kultuurwetenskappe by Akademia en die programkoördineerder van hierdie nagraadse program, dra bogenoemde vaardigheidsontwikkeling by tot die vorming van aanpasbare media- en kommunikasiepraktisyns as kritiese beroepslui in veranderende en uitdagende kontekste.  Gedagtig hieraan het studente die geleentheid om te spesialiseer in óf Strategiese Kommunikasiebestuur óf Joernalistiek.

Die volgende modules word deur die program gedek:

  • Verpligte modules
  • Media- en Kommunikasieteorie
  • Media en Kommunikasie: Etiek en Beste Praktyk
  • Data in Media- en Kommunikasienavorsing en -praktyk
  • Navorsing
  • Keusemodules

Strategiese Kommunikasiebestuur

  • Strategiese Organisasiekommunikasie
  • Strategiese Kommunikasie in Konteks

Joernalistiek

  • Joernalistiek in Praktyk
  • Joernalistiek in Konteks

Steyn beklemtoon dat ná voltooiing van dié program studente nie net bloot vaardig sal wees nie, maar ook oor die vermoë sal beskik om gefokus te besin oor die media- en kommunikasiebedryf ten einde sinvolle en positiewe bydraes in hul onderskeie gemeenskappe te kan lewer.

As dit kom by die opleiding van media- en kommunikasiepraktisyns is Steyn dit eens dat gehalte nie ʼn luukse is nie, maar ʼn noodsaaklikheid.

Registreer vandag nog vir die aanlyn inligtingsessie indien jy jou nagraadse studiereis in 2026 aan Akademia wil begin. Vir meer inligting besoek die instelling se webblad.

Wil jy jouself in die media- en kommunikasieveld onderskei? Akademia se BAHons (Media en Kommunikasie)-program het dit ten doel om aanpasbare media- en kommunikasiepraktisyns, as kritiese beroepslui, te vorm vir veranderende en uitdagende kontekste. Vind meer uit oor dié dinamiese program tydens ʼn aanlyn inligtingsessie op
16 Oktober.

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 


Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.