Akademia se nauurse afstandsmodel: Geniet só die beste van twee wêrelde

Gepubliseer op: 1 Augustus 2025

Koester jy ʼn studiedroom, maar bevind jouself reeds voltyds in die beroepswêreld? Sak jou moed in jou skoene as jy dink dat die vervulling van dié droom ʼn besliste keuse tussen óf werk en studeer behels? Indien wel, bied Akademia se dinamiese nauurse afstandsmodel jou die geleentheid om as’t ware die beste van beide wêrelde te omarm en só jou studiedrome vlerke te gee terwyl jy werk of ander belangstellings najaag.

Meer oor die nauurse afstandsmodel

Die nauurse afstandsmodel is nommerpas vir studente van alle ouderdomme, en word nie deur geografiese oorwegings – plaaslik of internasionaal – begrens nie. Studente wat van hierdie onderrigleermodel gebruik maak het gevolglik die keuse om in persoon by een van ʼn netwerk van sentrums dwarsoor Suid-Afrika klas te draf, óf deur middel van ʼn e-leeropsie aan klasse deel te neem. Kontaksessies vind gevolglik op weeksaande en Saterdae plaas en tegnologie word aangewend om dosente en studente in virtuele leerruimtes byeen te bring.  

Benewens ʼn gerieflike rooster bied dié model voorts aan Afrikaanssprekendes buite die Suid-Afrikaanse landsgrense die geleentheid om in hul moedertaal te studeer. Akademia se internasionale voetspoor sluit lande soos Australië, Namibië, Nederland, Nieu-Seeland, Rusland, Swede, Thailand, die Verenigde Emirate en die VSA in.

Klik hier om meer te wete te kom oor die instelling se programverskeidenheid.

Registreer vandag nog vir die aanlyn inligtingsessie

Indien jy jou studiereis in 2026 aan Akademia wil begin deur nauurs oor afstand te studeer, skakel op Saterdag 23 Augustus in vir ʼn aanlyn inligtingsessie oor dié onderrigleermodel. Die sessie sal vanaf 09:00 tot 10:30 strek en sal die volgende gesprekspunte dek:

  • ʼn oorsig van Akademia;
  • studiemoontlikhede;
  • klasbywoning;
  • die aansoekproses; en
  • ʼn vraag-en-antwoord-sessie.

Die beste van alles is dat jy dié inligtingsessie vanaf die gerief van jou rusbank kan meemaak, en terselfdertyd die geleentheid het om direk met ervare en kundige Akademia-personeellede te gesels. Dit is maklik om vir die inligtingsessie te registreer:

  • Registreer deur op hierdie skakel te klik. Voltooi dan die vorm deur jou kontakbesonderhede te verskaf en op die “Bespreek”-knoppie te klik. Sodra jy suksesvol geregistreer het, sal jy ʼn e-pos ter bevestiging hiervan ontvang.
  • Die skakel na die inligtingsessie sal nader aan die tyd elektronies aan jou gestuur word. Hou gerus jou e-pos hiervoor dop.

Só getuig nauurse Fonties* oor dié onderrigleermodel

“My rugbyskedule hou my baie besig, en gedurende die laaste ses maande van 2024 was ek byvoorbeeld slegs vir vier weke by die huis. Danksy die e-leeropsie kan ek vanuit my hotelkamer, waar ek myself ook al bevind, aandag aan my studies gee. Ek kan ook vanaf enige plek ter wêreld toets skryf en eksamens aflê.” – Johan Grobbelaar (24), haker van die Springbokke en Blou Bulle

“Ek werk as ʼn boekhouer in die eiendomsontwikkelingsgebied, maar droom van ʼn beroep in die regte. Danksy die nauurse afstandsmodel kan ek hierdie studiedroom lewend hou terwyl ek voltyds werk.”– Victor Beker (51), rekenmeester.

“Die nauurse afstandsmodel het my die geleentheid gebied om waardevolle praktykservaring op te doen terwyl ek myself ook akademies kon toerus. Gedurende my studie kon ek ook die fyn balans tussen werksverpligtinge en persoonlike ontwikkeling baasraak – ʼn vaardigheid wat my vandag handig te pas kom.” – Rico Hammann (24), praktiserende prokureur.

“Ek pak my studies via die nauurse afstandsmodel aan en maak van die e-leeropsie gebruik. Danksy die vryheid wat met dié keuse gepaard gaan, kan ek my potensiaal as ma, beroepsvroue én student ten volle bereik” – Nalanie Green (41), verkoopskonsultant.

Waarvoor wag jy? Maak seker dat jy hierdie belangrike inligtingsessie bywoon en jou nauurse studieopsies deeglik verken. Studieaansoeke vir 2026 is reeds oop.

* Fonties verwys na studente wat aan Akademia studeer. Dié eienaam is afgelei uit die instelling se leuse, Ad futurum per fontes – na die toekoms deur die bronne.

Akademia se nauurse afstandsmodel plaas nie net jou studiedroom binne bereik nie, dit maak jou ook deel van ʼn uitgebreide netwerk van Fonties dwarsoor die wêreld. Registreer vandag nog vir die aanlyn inligtingsessie op Saterdag 23 Augustus en leer meer oor dié dinamiese onderrigleermodel.

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 


Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.