Search
Close this search box.

10 denkwyses wat die jeug help om meer positief te wees

Geskryf deur Juné Jordaan, Fontiepos-adjunkredakteur

Ter viering van Jeugmaand wat in Junie plaasgevind het, kyk ons na tien denkwyses wat jou as deel van die jeug kan help om meer positief te wees. Hierdie soort denke kan jou help om die lewe anders te beskou en onthou – jou denke beïnvloed jou hele lewe!

  • Moenie probeer aanpas by die atmosfeer van ʼn vertrek nie, beïnvloed eerder die vertrek se atmosfeer.
  • Omring jou met vriende wat jou gaan ophef en nie terneerdruk nie; jou vriende beïnvloed jou lewe meer as wat jy dink.
  • Ontdek jou lewensdoel en begin om daarvoor te lewe.
  • Maak seker jy ken die verskil tussen geduldig wees en tydmors.
  • Jy gaan nie groei in jou gemaksone nie, so doen dinge wat jou uit jou gemaksone haal.
  • Dit wat vir jou bedoel is, sal altyd by jou uitkom, daarom kan jy ook op die hier en nou fokus sonder om heeltyd besorg te wees oor die toekoms.
  • Jy is nooit ʼn las vir die mense wat vir jou omgee nie.
  • Jy gaan nooit ʼn verskil in die wêreld kan maak as jy dieselfde dinge as alle ander doen nie, daarom moet jy anders wees as die res van die wêreld.
  • Almal gaan nie altyd van jou hou nie, maar dit is belangrik om te onthou dat jy ook nie altyd van alle ander hou nie.
  • ʼn Fout wat jou nederig maak is beter as ʼn prestasie wat jou arrogant maak.

 

Pas gerus hierdie tien denkwyses in jou denkraamwerk toe en kyk hoe jou lewe positief verander!

Marnus Agrella, student in die Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde by Akademia, vier saam met sy gesin Jeugmaand met positiewe denke.

Alle Fontiepos-artikels is deur studente vir studente geskryf en weerspieël nie noodwendig Akademia se mening of standpunt nie.