Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Vakante poste

Studentesake

Akademia is ʼn geregistreerde onafhanklike hoëronderwysinstelling in Centurion met twee onderrigleermodelle, naamlik die voltydse kampusmodel en die nauurse afstandsmodel. Akademia brei uit en het tans ʼn pos vir ʼn maatskaplike werker beskikbaar. Om te kwalifiseer word ʼn baccalaureusgraad (NKR 7-vlak) in maatskaplike werk vereis en die persoon moet by die Suid-Afrikaanse Raad vir Maatskaplike Diensberoepe (SACSSP) geregistreer wees.

Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die bestuur van die proses om studente met maatskaplike behoeftes en nood te identifiseer, volhoubare metodes te kry om aan die studente se maatskaplike behoeftes te voldoen, om ʼn rol te speel in die terapeutiese ondersteuning van studente en om met die ontwikkeling van die Kuns van Studentwees-module behulpsaam te wees. Verder moet die maatskaplike werker kontinuïteit bied in die studentegemeenskapsprojekte en leiding gee aan die studenteraadslid wat vir gemeenskapsprojekte verantwoordelik is.

Die ideale kandidaat moet oor goeie analitiese, organiserings-, luister- en kommunikasievaardighede beskik. Ondervinding in gemeenskapontwikkeling asook ʼn hoë mate van emosionele intelligensie sal tot die kandidaat se voordeel strek. Die maatskaplike werker gaan tussen kampusse reis en moet dus oor ʼn geldige bestuurslisensie beskik.

Klik hier om vir die pos aansoek te doen. Aansoeke moet voor of op 10 Mei 2024 ingedien word. Stuur ʼn e-pos na personeelnavrae@akademia.ac.za indien jy probleme met die skakel ervaar.

Akademia behou die reg voor om nie ʼn aanstelling te maak nie.  Indien jy nie binne drie weke na die sluitingsdatum vir aansoeke terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat ander kandidate vir die pos oorweeg is. Akademia is kragtens die Wet op Hoër Onderwys 75 van 1997 by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding geregistreer (registrasienommer: 2011/HE08/005). Akademia is deel van die Solidariteit Beweging.

Fakulteit Ekonomiese en Bestuurwetenskappe

Akademia is ʼn onafhanklike hoëronderwysinstelling in Centurion met twee onderrigleermodelle, naamlik die voltydse kontakmodel en die nauurse onderrigmodel. Akademia het tans ʼn deeltydse pos vir die tweede semester vir ʼn dosent in Gevorderde Belasting in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe beskikbaar. Om vir die pos te kwalifiseer, moet ʼn kandidaat oor goeie taalvermoë in akademiese Afrikaans beskik, een tot drie jaar ervaring in hoër onderwys hê, en oor ʼn MCom in Belasting of ander relevante dissipline met Belasting of soortgelyke module as deel van nagraadse kwalifikasie beskik. Oorweging kan ook gegee word waar kandidaat oor ʼn relevante professionele kwalifikasie op NKR-vlak 8 beskik, bv. GR(SA).  

Dit sal tot die kandidaat se voordeel strek indien hy/sy hoër gekwalifiseerd is as die minimumvereiste of reeds besig is met verdere nagraadse studies in Belasting of ʼn verwante dissipline. Ervaring in afstandsonderrig, blootstelling aan en vorige gebruik van onderwystegnologie, kennis van en kundigheid in die elektroniese onderrig-en-leer-omgewing, praktykservaring, gepubliseerde akademiese artikels en ervaring in die ontwikkeling van studiemateriaal sal in ʼn kandidaat se guns tel.

Daar sal van die aangestelde dosent verwag word om ʼn spektrum van akademiese en verwante take te verrig wat onder andere insluit die ontwikkeling, dosering en gehalteversekering van akademiese modules; die opstel en nasien van assesseringsaktiwiteite; asook die lewering van bystand en ondersteuning aan studente.

Die ideale kandidaat moet oor sterk skryf- en redigeervaardighede beskik; uitstekende kommunikasie-, aanbiedings- en interpersoonlike vaardighede hê; onafhanklik of in spanverband kan saam­werk; inisiatief kan neem en oplossingsgedrewe wees; goeie administratiewe en prioritiseringsvermoë hê; oor ʼn besondere vermoë beskik om werk onder druk te hanteer; ʼn passie vir Afrikaans hê; en as ambassadeur vir Akademia help om die instelling uit te bou.

Klik hier om vir die pos aansoek te doen. Aansoeke moet voor of op 9 Mei 2024 ingedien word. Stuur ʼn e-pos na personeelnavrae@akademia.ac.za en heg jou Afrikaanse CV daarby aan indien jy probleme met die skakel ervaar.  

Akademia behou die reg voor om nie ʼn aanstelling te maak nie. Akademia is deel van die Solidariteit Beweging.

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE