Nuwe program vir 2025 | BA (Taalstudies)

Search
Close this search box.

Akademia ken vanjaar 157 kwalifikasies toe

Gepubliseer op: 12 April 2019

Akademia het op 12 April 2019 haar jaarlikse kwalifikasieplegtighede gehou. In totaal is 52 grade, 10 gevorderde diplomas, 4 diplomas en 91 hoër sertifikate toegeken. By die instelling se eerste plegtigheid in 2013 is 10 kwalifikasies toegeken, en by vanjaar se plegtighede ontvang 157 studente hulle kwalifikasies.

Dr. Pierre Edwards, voormalige skoolhoof by die Afrikaanse Hoër Seunskool en onderwyskenner, was die gasspreker by hierdie geleentheid. Edwards se toespraak het afgestudeerdes gemotiveer om hulle kwalifikasies as instrument te gebruik om hul  roepings na te streef en ʼn daadwerklike verskil in die gemeenskap te maak.

Die oorgrote meerderheid van Akademia se studente werk terwyl hulle studeer. “Daarom is ons trots op alumni wat hard gewerk het om hulle kwalifikasies te voltooi,” sê Marthinus Visser, besturende direkteur by Akademia. Om boonop ʼn toppresteer te wees, verg nóg meer toewyding en deursettingsvermoë – daarom word toppresteerders vir hulle uitnemende akademiese prestasies tydens die instansie se eerste prestige-aand vereer.

Jaco Oosthuizen het die beste prestasie in die BCom (Ondernemingsbestuur)-program behaal. ʼn Spesiale toekenning is aan Lené Ferreira oorhandig vir die beste gemiddeld in die BCom (Bestuursrekeningkunde)-program. Pieter Wentzel, wat as afgestudeerde meganiese ingenieur by Akademia aangesluit het, is as die topstudent in die Gevorderde Diploma in Projekbestuur aangewys. Susan Wilkinson ontvang die toppresteerdertoekenning vir uitnemendheid in die Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie, terwyl Marisa Abeln wegstap met dieselfde toekenning vir die Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde.

Akademia het in haar eerste akademiese jaar in 2012 met slegs 35 studente afgeskop, en vanjaar is die instelling trots om meer as ʼn 1 000 ingeskrewe studente te hê. Hierdie groei in getalle is tekenend van Akademia se suksesresep wat elke akademiese jaar verbeter en verfyn word. Een van hierdie suksesse is die toevoeging tot die bestaande nauurse rooster, die blokrooster, wat verlede jaar bekendgestel is. Hierdie rooster het ten doel om afstandsonderrig in Afrikaans vir studente wat weens verskeie omstandighede nie nauurs kontaksessies kan bywoon nie nóg meer toeganklik te maak.

Akademia is trots vir die studente wat afstudeer het en opgewonde vir wat die toekoms vir die instelling, haar personeel en studente inhou. Visser meen dat die instelling met blydskap uitsien om nog meer gegradueerdes te lewer wat die arbeidsmark in sy veelheid van segmente suksesvol sal betree.

ʼn Totaal van 157 studente ontvang vanjaar hulle kwalifikasies tydens Akademia se kwalifikasieplegtighede wat op 12 April 2019 gehou is. Dosente, René de Klerk, Henrike Putter, Erik Heppell, Elzette le Roux, Chazanne Grobler en Felicia Snyman, tydens hierdie geleentheid.