Kampusopedag op 10 en 11 Mei is in

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Aansoeke by Namibië-studiesentrum kry momentum

Gepubliseer op: 21 November 2017

Die eerste student wat in 2018 by Akademia se nuwe studiesentrum in Windhoek, Namibië, ingeskryf is, is Heidi Vermeulen.

Heidi het vir die BCom Bestuursrekeningkunde-graad ingeskryf en is tans ʼn finansiële kontroleur vir G4S Namibië. Sy het aan Hoërskool Tygerberg in die Wes-Kaap gematrikuleer en woon en werk reeds vir die afgelope agt jaar in Namibië.

Sy vertel dat sy besluit het om deur Akademia te studeer nadat sy navorsing oor verskillende instansies gedoen het. “Ek wou nog altyd my graad voltooi en het nou die geleentheid om dit in my moedertaal – en in Namibië – te doen. Die kursus is ook so uitgelê dat jy die CIMA-kwalifikasie binne ʼn jaar kan ontvang, nadat jy die graad verwerf het. Met CIMA kan jy enige plek in die wêreld gaan werk en ek wil graag vir my kinders die wêreld wys.”

Aan die einde van Oktober 2017 het Akademia reeds drie ingeskrewe studente by sy Windhoek-studiesentrum gehad en die aansoeke stroom steeds in. Die sentrum is in die pragtige fasiliteite van die Kultuurgemeenskapsentrum by die monument geleë. Voornemende studente in Namibië het nou die geleentheid om hul kwalifikasies teen ʼn bekostigbare prys plaaslik te verwerf, in plaas daarvan om die groot onkoste van studies in Suid-Afrika aan te gaan.

Die interaktiewe studiesentrum is met moderne videokonferensie-tegnologie vir die na-uurse klasse toegerus en gratis internettoegang is beskikbaar om studente toegang tot die Spens, Akademia se unieke aanlyn ondersteuningstelsel en biblioteek, te gee.