TOEKOMSMUSIEK: OMVATTENDE RESIDENSIËLE KAMPUSAANBOD
Akademia beoog om teen 2028 ʼn omvattende residensiële kampus daar te stel waar 5 000 voltydse voorgraadse en 1 500 nagraadse studente op ʼn pragtige kampus in die ooste van Pretoria kan studeer. Vier mans- en vier dameskoshuise sal 1 500 studente op die kampus kan huisves. Die ontwikkeling sal in Pretoria geleë wees, agt kilometer vanaf Solomon Mahlangu-rylaan op die Boschkop-pad in die ooste van Pretoria. Die nuwe kampus bied aan Akademia die geleentheid om ’n volledige en uitgebreide akademiese programaanbod oor al sy fakulteite beskikbaar te maak wat aan die omvattende vraag van voornemende studente sal voldoen. Die kampus gaan kantoorblokke, lesingsale, laboratoriums, ’n ouditorium, doelgerigte navorsingslokale, ’n kafeteria, restaurante, koffiewinkels, ’n studentesentrum, biblioteek, koshuise, personeelverblyf én wêreldklas sportfasiliteite vir rugby, krieket, netbal, tennis, atletiek, hokkie, swem en binnenshuise sportsoorte insluit. Dié kampusprojek is die grootste ontwikkelingsprojek in die geskiedenis van die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe en verteenwoordig ’n groot historiese keerpunt om die volhoubaarheid van hoër onderwys in Afrikaans te verseker. Droom saam deur ’n toekomsbouer te word en die vordering van hierdie groot projek te volg by www.toekomsbouer.co.za.
UITBREIDING NA DIE WES-KAAP
Akademia beoog om teen 2026 die voltydse kampusmodel na die Wes-Kaap uit te brei. Die instelling geniet reeds ʼn teenwoordigheid in die Wes-Kaap by wyse van sentrums in George, Paarl en Somerset-Wes. Hierdie sentrums word benut deur studente wat via die nauurse afstandsmodel studeer. Die uitbreiding in die Wes-Kaap sal die reeds bestaande netwerk verder versterk en uitbrei. Die voorgestelde kampus sal studente nie net toegang bied tot Akademia se vyf dinamiese fakulteite nie, maar ook tot ʼn bruisende studentelewe. Die nuwe satellietkampus sal in Esterville, in die Paarl-omgewing gesetel wees. Tony van der Merwe is ook reeds as bedryfsbestuurder vir die Wes-Kaap aangestel en prof. Gawie du Toit sal as die hoof van die Wes-Kaap-kampus diens doen. Wat studentegetalle betref sal dié kampus ʼn aanvang neem met om en by 350-400 voltydse kampusstudente. Dit word verder voorsien dat daar nagenoeg nege programme oor Akademia se bestaande fakulteite aangebied sal word op die Paarl-kampus. Lees meer hier.

NAUURSE AFSTANDSMODEL
Die suksesvolle nauurse afstandsmodel gaan steeds voluit voort, en die studentegetalle groei steeds jaarliks. Hierdie model is die afgelope dekade oor en oor as uniek en besonders effektief bewys, soos onder andere in die naatlose voortgaan van akademiese aktiwiteite tydens die aanvanklike Covid-19-inperkings gesien is. Sedert 2021 word ʼn bykomende e-leeropsie aan studente gebied om vanaf enige plek in die wêreld gehalte onderrig te ontvang.
Klik hier vir meer inligting oor die nauurse afstandsmodel.
FAKULTEITGROEI
Akademia beoog om in die toekoms programme in die volgende fakulteite aan te bied:
EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE
Hierdie fakulteit is tans Akademia se grootste fakulteit en bied reeds twaalf programme aan. Ontwikkeling geskied om ʼn Nagraadse Diploma in Bemarkingsbestuur, ʼn Nagraadse Diploma in Hibriede Projekbestuur, BCom (Ekonomie), BComHons (Finansiële Rekeningkunde), BCom (Forensiese Rekeningkunde), asook ʼn meestersgraad in Besigheidsadministrasie (MBA) aan te bied. Die dekaan van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe is dr. Rachel Maritz.
OPVOEDKUNDE
GEESTESWETENSKAPPE
GESONDHEIDSWETENSKAPPE
Akademia werk onverpoosd aan die akkreditasieproses om BNur (Verpleegkunde) te mag aanbied.
Daar word ook ontwikkel aan ’n Diploma in Optiese Reseptering en ʼn BOptom (Baccalaureusgraad in Optometrie).
NATUURWETENSKAPPE
Die eerste program in hierdie fakulteit, BSc (Wiskundige Wetenskappe), verwelkom sedert 2021 studente. BSc (Rekenaarwetenskappe) word ook sedert 2023 op die Centurion-kampusse aangebied. Verdere uitbreidings in hierdie fakulteit sal geskied met programme in BScHons (Rekenaarwetenskappe), BSc (Biologiese Wetenskappe), BSc (Landbouwetenskappe) en BAgric (Landbou). Die waarnemende dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe is dr. Piet Pretorius.
REGSGELEERDHEID
Akademia se BCom (Ekonomie en Regte)-program is reeds goed gevestig, en die regsaanbod word sedert 2020 met ʼn LLB-program op die nauurse afstandsmodel vergroot. Sedert 2023 word LLB ook op die voltydse kampusmodel aangebied. ʼn LLM-program met ʼn fokus op navorsing word ook vir 2026 in die vooruitsig gestel. Ontwikkeling geskied tans om ʼn Hoër Sertifikaat in Arbeidsreg, Hoër Sertifikaat in Regsassistentwese, BCom (Regte) en LLM (Geneeskundige Reg) by hierdie aanbod in die regte te voeg. Die dekaan van die Fakulteit Regsgeleerdheid is prof. Hermie Coetzee.
INGENIEURSWESE
Akademia beoog om in 2028 die volgende programme in ingenieurswese aan te bied:
BIng (Elektriese Ingenieurswese)
BIng (Elektroniese Ingenieurswese)
TEOLOGIE