Akademia maak die nuus bekend dat die Wes-Kaap-kampus na alle waarskynlikheid in die Paarl-omgewing gesetel gaan wees en dat prof. Gawie du Toit, wat tans die dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde by Akademia is, as die hoof van die Wes-Kaap-kampus diens gaan doen. Tony van der Merwe is ook as bedrewe bedryfsbestuurder vir die Wes-Kaap aangestel en die onderhandelings vir ʼn geskikte ligging vir die kampus is op ʼn gevorderde stadium.