4 Januarie
Akademia se eerste honneurskwalifikasie in Ondernemingsbestuur word bekendgestel vir 2023.
5-7 Januarie
Akademia skop 2023 af met ʼn suksesvolle STEAM-kongres.
24 Januarie
Akademia stig vanjaar die NP van Wyk Louw-sentrum.
26 Januarie
Akademia-dosent wen CIMA-toekenning vir tweede keer.
31 Januarie
Akademia teken samewerkingsooreenkoms met Hongaarse universiteit.
31 Januarie
2023-eerstejaarskamp maak ongelooflike energie los onder studente.
6 Februarie
Eerste klasse skop af vir BSc (Rekenaarwetenskappe) en LLB op die voltydse kampusmodel.
8 Februarie
Plato se dialoogtrilogie uit die laaste dae van Sokrates verskyn by die Akademia Uitgewery.
15 Februarie
Akademia-dekaan verkies tot Nasionale Wetenskap- en Tegnologieforum-beoordelingspaneel.
16 Februarie
Akademia stel ereleerstoel in onderwysleierskap bekend.
17 Februarie
Akademia bied heel eerste eerstejaarskonsert aan.
18 Februarie
Akademia bied eerste Primus Chorum aan vir eerstejaarstudente.
22 Februarie
Akademia-paneelgesprek reflekteer oor begrotingsrede.
27 Februarie
Akademia belê verder in moedertaalonderrig met Afrikaanse handboekvertaling.
1 Maart
Akademia-dekaan aangestel as hoofredakteur van Natuurwetenskappe-vaktydskrif.
23 Maart
Akademia stel navorsingsuitslae van #Studentelewe-veldtog bekend.
28 Maart
Akademia stel ereleerstoel in veiligheidstudies bekend.
29 Maart
Akademia-konferensie bespreek uitwerking van nuwe energiebelange op die Suid-Afrikaanse staat.
3 April
Akademia-studieaansoeke vir 2024 is oop.
11 April
Akademia koop die woord Fontie in die WAT.
12 April
Akademia koop “professor” ter viering van akademiese hoof se 70ste verjaarsdag.
15 April
Akademia bied inligtingsessie oor nauurse afstandstudie aan.
13 April
Akademia-simposium bespreek geleenthede en uitdagings in die Afrikaanse media.
13 April
Boeiende boek oor Afrikaanse media verskyn by Akademia Uitgewery.
15 April
Akademia-boekrakke kreun onder ryke literêre skenking van dr. Natie van Vuuren.
17 April
Akademia stel eerste koffiewinkel Sowel As bekend.
18 April
Akademia stel Loopbaansentrum vir studente bekend.
24 April
Akademia vereer studente en personeel se uitnemende prestasies by akademiese prestigefunksie.
25 April
Akademia lewer 384 studente af by jaarlikse kwalifikasieplegtigheid.
8 Mei
Akademia vier Afrikaansdag as trotse Afrikaanse hoëronderwysinstelling.
9 Mei
Eerste openbare lesing vanuit die NP van Wyk Louw-sentrum deur prof. Reitze Rodseth vind plaas.
12 Mei
Akademia-kampusopedag rigtingaanwyser vir talle voornemende Fonties.
17 Mei
Akademia Uitgewery stel pret-aktiwiteitsboek vir kinders, Fontieland, bekend.
17 Mei
Akademia-simposium bou aan die laerskoolonderwys-legkaart vir die toekoms.
25 Mei
Akademia bied weer ʼn suksesvolle vakkeuseaand vir graad 9’s en hul ouers aan.
25 Mei
Akademia stel NP van Wyk Louw-sentrum bekend.
01 Junie
Eerste BComHons (Ondernemingsbestuur)-studente voltooi ʼn opwindende eerste semester.
2 Junie
Die Afrikaanse vertaling vanuit Grieks van die boek, Plato se dialoogtrilogie uit die laaste dae van Sokrates, is onlangs bespreek by ʼn Akademia-paneelgesprek.
9 Junie
Akademia vier Wêreldakkreditasiedag met antwoorde op gereelde vrae rakende akkreditasie en erkenning van kwalifikasies wat aan die instelling gerig word.
12 Junie
Akademia-dosent, dr. Nic de Jager, is een van sestien kenners wat Multimodaliteit-kollokwium bywoon.
19 Junie
Johann Smith, bied ʼn werkswinkel aan oor verhoudings vir Hoërskool Zwartkop in Centurion se beraderspan.
26 Junie
Akademia huisves boekversameling van baanbrekertaalhistorikus, prof. Edith Raidt.
28 Junie
Mariska Wannenburg, ʼn dosent in Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe by Akademia, was een van slegs 22 akademici wêreldwyd wat die geleentheid gebied is om ʼn referaat te lewer tydens die tweejaarlikse internasionale konferensie van die Suider-Afrikaanse Rekeningkundige Vereniging (SAAA) wat vanaf 28 tot 30 Junie by Sun City aangebied is.
3 Julie
Fonties op die Centurion-kampus het deelgeneem aan Omgeeweek waar nie-bederfbare voedselprodukte, huishoudelike items en méér as 312 kg se voorheen geliefde klerasie ook ingesamel is.
10 Julie
Akademia het onlangs ʼn loopbaanskou op die Centurion-kampus aangebied waar verskeie instellings die kans gehad om hul loopbaangeleenthede aan Akademia-studente, oftewel Fonties, te bemark.
13 Julie
Akademia se eerste internasionale Teologie en Filosofie-konferensie het vanjaar vanaf 13 tot 15 Julie in Centurion plaasgevind.
25 Julie
Ariana Venus Behr-Greeff is ʼn eerstejaar BSc (Rekenaarwetenskappe)-student wat onlangs aangewys is as deel van die top 24-deelnemers van Die Kontrak.
20 Julie
Die NP van Wyk Louw-sentrum ontvang vir prof. Johann Rossouw van die Universiteit van die Vrystaat (UV) om ʼn openbare lesing te lewer.
2 Augustus
Akademia tree as gasheer op vir internasionale filosofiese NAWG-kongres.
3 Augustus
Akademia se studenteraad (SR) vir die 2023/2024-termyn is amptelik ingehuldig op die instelling se Centurion-kampus.
14 Augustus
Akademia Uitgewery stel opnuut met trots die boek Middeleeuse filosofie bekend as deel van ʼn opwindende ooptoegangsinisiatief.
17 Augustus
Die Fakulteit Opvoedkunde aan Akademia bied ʼn openbare lesing deur prof. Tobie van Dyk, ʼn kenner op die gebied van Toegepaste Taalkunde en Akademiese Geletterdheid, aan.
21 Augustus
Akademia verwelkom dr. André Van Zyl van die Universiteit van Johannesburg (UJ) om die NP Van Wyk Louw-sentrum se maandelikse openbare lesing te lewer.
24 Augustus
Akademia se gholf- en rolbaldag help studente om studies te voltooi.
28 Augustus
Akademia tree as gasheer op vir ʼn konferensie deur die Discovery Institute vanuit die VSA.
30 Augustus
Akademia het op Woensdag 30 Augustus sy tweede koorfees by die NG Universiteitsoord in Pretoria aangebied.
1 September
Akademia se hande versterk met nuwe hoof van Studentesake, Heleen Coetzee.
7 September
Die Fakulteit Opvoedkunde het ʼn openbare lesing en oop gesprek by Leriba in Centurion aangebied oor klassieke onderwys.
8 September
Aktuele verwikkelinge in verskeie areas van Verbruikersbeskermingsreg was die onderwerp van bespreking tydens ʼn onlangse simposium vanuit Akademia se Fakulteit Regsgeleerdheid.
20 September
Akademia het onlangs die topdriesakeplanne aangewys vir vanjaar se BCom (Ondernemingsbestuur): Sakeplankompetisie.
6 Oktober
Akademia het op 6 Oktober 2023 die wenner van die gewilde BCom (Ondernemingsbestuur): Sakeplankompetisie aangewys. Die wenner is Abigail Fourie en haar besigheid, Perfect Moments.
13 en 14 Oktober
Akademia hou ʼn netwerkgeleentheid en sentrumopedag in onderskeidelik Bloemfontein en George.
2 November
Akademia hou ʼn aanlyn inligtingsessie oor die Gevorderde Diploma in Projekbestuur.
10 en 11 November
Akademia hou ʼn netwerkgeleentheid en sentrumopedag by die Moot-sentrum in Pretoria.
15 November
Akademia bied ʼn aanlyn inligtingsessie aan oor die nagraadse diplomas in onderskeidelik Belasting en Bestuursrekeningkunde.
13 Augustus
Akademia maak die musiekvideo van hul universiteitslied bekend.
7 November
Akademia, Bo-Karoo Opleiding en Sol-Tech het kragte saamgespan en ʼn nasionale ouerveldtog, gemik op ouers van kinders in graad 7-12, van stapel gestuur.
11 November
Fonties in Akademia se eerste honneursprogram, BComHons (Ondernemingsbestuur), het die geleentheid gehad om hul nuutgevonde navorsingskennis en -vaardighede tydens ʼn spesiale voorleggingsgeleentheid ten toon te stel.
13 November
ʼn Afvaardiging van Akademia het vanaf 13 tot 16 November aan ʼn jaarlikse internasionale samewerkingsweek van die Artevelde Universiteit vir Toegepaste Wetenskappe in Gent, België, deelgeneem.
16 November
Akademici, regslui en taalkundiges het op 16 November in Centurion, Gauteng, byeengekom om gesprekke te voer oor die stand van Afrikaans in die Suid-Afrikaanse regswese.