10 Oktober
Akademia het op die tiende dag van die tiende maand (10 Oktober) tien jaar van klasgee gevier tydens ʼn glansfunksie wat by die Sol-Tech-kampus in Pretoria gehou is.
13 Mei
Akademia het ʼn heel eerste koorfees aangebied en dié geleentheid was ʼn reusesukses. Die koorfees het uit vyf kore bestaan: Die Hoërskool Menlopark, Hoërskool Eldoraigne, Hoërskool Zwartkop, Hoërskool Garsfontein en die Akademia-koor.
18 Oktober
Akademia het op 18 Oktober 2022 tydens ʼn bekendstellingsfunksie by Leriba in Centurion die nuus bekendgemaak dat die instelling ʼn opwindende kortkursusplatform genaamd Akademia et al. van stapel stuur.
25 Mei
Akademia het die skenking van die N. P. Van Wyk Louw-versameling, bekendgestel wat deur Peter Louw, seun van hierdie bekende Afrikaanse digter en filosoof, aan Akademia geskenk is.
18 Oktober
Die Akademia-gedenkboek is op 10 Oktober 2022 amptelik aan Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia, oorhandig.
1-4 Februarie
Die derde Akademia-eerstejaarskamp vind plaas by Zwartkop Natuurreservaat.
30 Junie
Akademia het op Donderdag 30 Junie amptelik die instelling se Fakulteit Natuurwetenskappe tydens ʼn spoggeleentheid by die WNNR in Pretoria bekendgestel.
18 Oktober
Tydens Akademia se prestige-tienjaarfunksie wat op 10 Oktober 2022 gehou is, is die universiteitslied van dié instelling vir die eerste maal deur die Akademia-koor gesing.
5 Februarie
Die eerste koshuisinwoners trek in by koshuis@Leriba.
7 Julie
Solidariteit Finansiële Dienste (SFD) het op 7 Julie ʼn praatjie vir Akademia se Fonties aangebied waar praktiese spaarwenke met die studente gedeel is ter viering van Spaarmaand.
3 November
Die Fakulteit Natuurwetenskappe by Akademia het die tweede WL Grant-gedenklesing in die Hemingways-lokaal by Leriba in Centurion, aangebied.
14 Februarie
Akademia koop die woord “alumni” by die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT).
13 Julie
Akademia het op 13 Julie sy heel eerste sêrgroep aangekondig wat uit vyftien dames bestaan.
3-4 November
Die Fakulteit Natuurwetenskappe by Akademia het as gasheer opgetree vir die 21ste jaarlikse studentesimposium vir die natuurwetenskappe van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK).
21 Februarie
Die eerste taalkonferensie met die tema – Afrikaans, ʼn taal met ʼn toekoms – vind by koshuis@Leriba plaas.