25 Mei
Akademia het die skenking van die N. P. Van Wyk Louw-versameling, bekendgestel wat deur Peter Louw, seun van hierdie bekende Afrikaanse digter en filosoof, aan Akademia geskenk is.
18 Oktober
Die Akademia-gedenkboek is op 10 Oktober 2022 amptelik aan Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia, oorhandig.
1-4 Februarie
Die derde Akademia-eerstejaarskamp vind plaas by Zwartkop Natuurreservaat
30 Junie
Akademia het op Donderdag 30 Junie amptelik die instelling se Fakulteit Natuurwetenskappe tydens ʼn spoggeleentheid by die WNNR in Pretoria bekendgestel.
18 Oktober
Tydens Akademia se prestige-tienjaarfunksie wat op 10 Oktober 2022 gehou is, is die universiteitslied van dié instelling vir die eerste maal deur die Akademia-koor gesing.
5 Februarie
Die eerste koshuisinwoners trek in by koshuis@Leriba
7 Julie
Solidariteit Finansiële Dienste (SFD) het op 7 Julie ʼn praatjie vir Akademia se Fonties aangebied waar praktiese spaarwenke met die studente gedeel is ter viering van Spaarmaand.
3 November
Die Fakulteit Natuurwetenskappe by Akademia het die tweede WL Grant-gedenklesing in die Hemingways-lokaal by Leriba in Centurion, aangebied.
14 Februarie
Akademia koop die woord “alumni” by die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)
13 Julie
Akademia het op 13 Julie sy heel eerste sêrgroep aangekondig wat uit vyftien dames bestaan.