Nuwe program vir 2025 | BA (Taalstudies)

Search
Close this search box.

Studenteraad 2019 opgewonde vir die jaar

Gepubliseer op: 15 Januarie 2019

Akademia se nuutste studenteraad (SR) is vuur en vlam vir 2019. Vanjaar se SR is aan die einde van 2018 verkies en het sedertdien beplanning gedoen om studentelewe en -kommunikasie te bevorder en te vergemaklik. Die SR-groep is opgewonde om vanjaar aan te pak en studente by die oriëntering in Februarie te verwelkom.

 

Van die studenteaksies wat vir die jaar beplan word sluit in sportdae, Mnr. en Me. Akademia, gemeenskapsprojekte, damestees en, vir die eerste keer ooit, sêr. Hierdie jaar se SR-missie is “Ons vir jou en sigbaar vir almal”. Hierdeur beoog die SR om ʼn groot verskil te maak in studente se ervaring by Akademia, en om dinamiese ambassadeurs van die instelling te wees.

Tydens hierdie beplanningsessie is die verskillende portefeuljes toegeken. Die SR-portefeuljes sien soos volg daar uit:

  • Danile Basson: Voorsitter, verantwoordelik vir die Centurion-studiesentrum.
  • Danielle Kleyn: Ondervoorsitter, verantwoordelik vir die Somerset-Wes-studiesentrum.
  • Alke Wentzel: Sekretaris, verantwoordelik vir die Vanderbijlpark-studiesentrum.
  • Danie Greyling: Tesourier, verantwoordelik vir die Boksburg-studiesentrum.
  • Luzann Scheepers: Bemarking, verantwoordelik vir die studiesentrum in Paarl.
  • Leone Potgieter: Gemeenskapsbetrokkenheid, verantwoordelik vir die George-studiesentrum.
  • Nicol Stassen: Kultuur (Noord), verantwoordelik vir die Lynnwood-studiesentrum.
  • Debbie Lombard: Kultuur (Suid), verantwoordelik vir die Bellville-studiesentrum.
  • Aidan Vermaak: Sport (Noord), verantwoordelik vir die Krugersdorp-studiesentrum.
  • Sanchia van der Merwe: Sport (Suid), verantwoordelik vir die Port-Elizabeth-studiesentrum.
  • Jessica van Niekerk: Sosiaal (Noord), verantwoordelik vir die Die Moot-studiesentrum.
  • Ruan van Zyl: Sosiaal (Suid), verantwoordelik vir die Bloemfontein-studiesentrum.

 

Akademia het ook vanjaar sentrumkomiteelede in die Wes-Kaap toegeken om verdere bystand aan die SR by die studiesentrums in hierdie provinsie te bied. Die sentrumkomiteelede is soos volg toegeken:

  • Danel van der Westhuizen en Johan Lotz (Somerset-Wes)
  • Friedl Weich en Connor Oosthuizen (Bellville)
  • Odette Karsten (George)

 

“Ons is baie opgewonde oor vanjaar se aangewese studenteraad en die sentrumkomitee. Hierdie groep studente pak reeds hulle idees en planne met hope energie aan. Ons sien uit na die positiewe rol wat hulle gaan speel in studente se ervaring van Akademia,” sê Sunel Combrinck, koördineerder van studentesake. “Akademia wens die SR en sentrumkomitee alle sterkte toe met hulle rol as studenteverteenwoordigers.”