Vakante poste

Daar is geen poste tans beskikbaar nie.

Studentesake

Akademia is ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat verbind is tot die uitnemende opleiding en vorming van studente vanuit en vir die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe. Akademia het ʼn pos vir ʼn voltydse bestuurder: Studenteondersteuning in die Studentesake-afdeling beskikbaar. Die pos sal in Centurion, Pretoria, gesetel wees.

Om te kwalifiseer vir die pos word ʼn meestersgraad in Voorligtingsielkunde / Opvoedkundige Sielkunde vereis asook ʼn registrasie as ʼn onafhanklike praktisyn by die Raad op Gesondheidsberoepe (HPCSA). Minstens drie tot vyf jaar se ervaring in die ontwikkeling en vorming van jongmense, asook ʼn minimum van drie jaar se bestuurservaring word benodig. Ervaring in studentelewe, koshuislewe, studenteondersteuning, beleidsformulering en/of projekbestuur sal in die kandidaat se guns tel.

Die bestuurder sal daarvoor verantwoordelik wees om die onderskeie aspekte van die Studenteondersteuning-span strategies te bestuur en te koördineer, wat onder andere die volgende take en pligte sal insluit:

  • Die koördineer en strategiese bestuur van akademiese ondersteuning vir Akademia studente. Dit sluit onder andere in die koördineer van die basislyn- emosionele en studiebenaderingassessering asook die toepaslike individuele en groepsintervensies wat daaruit voortspruit. Dit sluit ook in die bestuur van ondersteuning aan studente met leerhindernisse asook gekoördineerde kommunikasie en interaksie met die akademici en onderskeie fakulteite.
  • Die koördineer en strategiese bestuur van die psigososiale ondersteuning vir Akademia-studente. Dit sluit onder andere in die etiese en professionele psigososiale ondersteuning van studente wat insluit individuele terapeutiese sessies sowel as groepsintervensies.
  • Die bestuur van strukture en prosesse om die deurlopende opleiding en professionele optrede van die Studenteondersteuning-personeel te verseker.
  • Die koördineer en strategiese bestuur van die strukture en prosesse sodat maatskaplike en finansiële ondersteuning aan die Akademia-studente toeganklik en gebruikersvriendelik is.
  • Die bestuur van strukture en prosesse om toeganklike en bekostigbare mediese dienste aan die Akademia-studente te bied.
  • Die strategiese bestuur van die implementering en integrasie van die onderskeie aspekte van die Kuns van Studentwees-module (Groot Boeke-program, akademiese geletterdheid en psigososiale welstand) in die studentelewe.
  • Die strategiese proaktiewe bestuur van algemene studentewelstand.
  • Die algehele bestuur van die span en sy personeel.

Die kandidaat moet kennis van Akademia en van die hoëronderwysomgewing in die algemeen hê, en moet onder andere oor die volgende beskik: ʼn opvoedingsingesteldheid; hoë energievlakke; sterk interpersoonlike vaardighede; bestuurs- en organiseringsvaardighede; strategiese beplanningsvaardighede; kommunikasievaardighede; prosesontwikkeling en -implementering; aanpasbaarheid; probleemoplossingsvaardighede; ʼn positiewe ingesteldheid, dryfkrag, motivering en inisiatief; vermoë om onafhanklik en binne ʼn span te werk en inisiatief te neem; goeie tydsbestuur en prioritiseringsvermoë; deursettingsvermoë; die vermoë om onder hoë druk te funksioneer; ʼn sterk etiese ingesteldheid; asook die handhawing van goeie menseverhoudinge.

Klik hier om vir die pos aansoek te doen. Aansoeke moet voor of op 10 Julie 2025 ingedien word. Stuur ʼn e-pos na personeelnavrae@akademia.ac.za en heg jou Afrikaanse CV daarby aan indien jy probleme met die skakel ervaar. 

Akademia is ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat verbind is tot die uitnemende opleiding en vorming van studente vanuit en vir die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe. Akademia het ʼn internskappos (twaalfmaandekontrak) in die Studentesake-afdeling beskikbaar. Die pos sal in Centurion, Pretoria, gesetel wees. Studente wat vir hul finale jaar ingeskryf is of reeds oor ʼn B-graad-kwalifikasie beskik, word genooi om aansoek te doen.

Ervaring in ʼn administratiewe rol asook blootstelling binne die uitvoering van studenteaktiwiteite of ʼn goeie begrip van studenteaktiwiteite sal in die kandidaat se guns tel. Dit is belangrik dat die kandidaat met Akademia se waardes en opvoedingsingesteldheid vereenselwig. Die posbekleër sal met die Studentesake-afdeling saamwerk om studenteaktiwiteite vir voltydse kampus- asook nauurse afstandstudente te beplan, uit te voer en by te woon.

Kandidate met kennis van Akademia en die hoëronderwysomgewing in die algemeen sal voorkeur geniet. ʼn Verdere vereiste is goeie administratiewe en organiseringsvaardighede, interpersoonlike vaardighede, goeie skakel- en kommunikasievaardighede, konflikbestuurvaardighede, die vermoë om onafhanklik én in spanverband te werk. Die persoon moet ook maklik by verskeie situasies kan aanpas, oor probleemoplossingsvaardighede beskik, ʼn positiewe ingesteldheid, dryfkrag, motivering en inisiatief hê.

Klik hier om vir die pos aansoek te doen. Aansoeke moet voor of op 13 Julie 2025 ingedien word. Stuur ʼn e-pos na personeelnavrae@akademia.ac.za en heg jou Afrikaanse CV daarby aan indien jy probleme met die skakel ervaar. 

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 


Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.