Search
Close this search box.

Word ’n toekomsbouer.

Skenk vir afrikaanse hoër onderwys.

Die behoefte is groot

en Akademia wil daarin voorsien.

Akademia speel toenemend ’n leidende rol as Afrikaanse hoëronderwysinstelling en is ’n gemeenskapsinstelling geregistreer as maatskappy sonder winsoogmerk.

Die instelling groei teen ’n snelle pas en die behoefte na groter kampusfasiliteite om selfs méér effektief aan die eise van die akademiese lewe te voldoen, neem toe. Hierdie groei en vooruitgang is noodsaaklik vir die voortgesette ontwikkeling en behoud van die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe.

Akademia sal by wyse van dié wêreldklas kampus voortdoen met sy roepingstaak om gehalte onderrig aan selfs meer studente in Afrikaans te voorsien terwyl ʼn bruisende studentelewe ook verder sal gedy.

’n Nuwe kampusdroom vir die nabye toekoms

Die nuwe Akademia-kampus, wat op ’n 220 hektaar grondoppervlakte in die ooste van Pretoria gebou word, sal ʼn studietuiste vir 5 000 voorgraadse en 2 000 nagraadse studente wees, asook vir 1 500 inblywende koshuisstudente. Die voorsiende fasiliteite sluit onder andere wêreldklas sportgeriewe, ’n landbou-proefplaas, én verskeie moderne leerruimtes in.

Hierdie kampus gaan egter soveel méér as net ʼn dinamiese akademiese tuiste wees. Dit sal as ʼn node van uitnemendheid die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe se intellektuele én kulturele tradisies bewaar en bevorder.

220 hektaar

grondoppervlakte

5 000 voorgraadse

studente

2 000 nagraadse

studente

1 500 studente in

koshuise

’n Vennootskap tussen kultuur en kapitaal

Akademia het die ervare eiendomsontwikkelaar Kanton, wat bekend is vir die pragtige Sol-Tech kampus en sy indrukwekkende koshuisontwikkeling, aangewys om hierdie visie te verwenslik.

Kostes van die ontwikkeling

Die totale meesterplan vir die nuwe kampus beloop R3,2 miljard.

Fase een, wat R1,8 miljard kos, fokus op die daarstelling van die primêre infrastruktuur en grootmaatdienste. Hierdie ontwikkeling sluit die vestiging van noodsaaklike dienste soos water, elektrisiteit en padnetwerke in. Met fase twee, wat later sal volg, sal gespesialiseerde fasiliteite soos gevorderde navorsingsgeriewe en sportinfrastruktuur prioriteit geniet.

"Ons waag liewer om hierdie wesenlike taak aan te pak, as wat ons waag om dit nie te doen nie."
– Flip Buys, Voorsitter: Solidariteit Beweging

ROETEKAART: Tydslyne en mylpale

Die grond vir die kampus is reeds teen ’n bedrag van R50 miljoen aangekoop, en alle grondregte- en hersoneringsprosesse is gevolglik suksesvol afgehandel. Fondswerwing is tans aan die gang, en die grondbreekseremonie vir fase een van die projek word vir Januarie 2026 beplan. Daar word onverpoosd gewerk om die nuwe kampus in

Februarie 2028 vir studente te open, met fase twee wat vroeg 2028 sal volg.

Januarie 2017 - Desember 2018

Identifiseer die grond

Januarie 2019 - Augustus 2019

Voltooi omsigtigheidsondersoek

Januarie 2021 – Februarie 2024

Verkry ontwikkelingsregte

Julie 2021 - Februarie 2024

Handel omgewingsimpakstudie af

Mei 2024

Verkry amptelik die grond vir R50 miljoen

Januarie 2024 tot Desember 2024

Konsepontwikkeling

November 2024 tot Desember 2025

Kapitaalwerwing en finansieringsveldtog

Januarie 2025 tot Mei 2025

Tegniese ontwerpsontwikkeling

Januarie 2026 tot Desember 2027

Fase een: Grootmaat grondwerke

Januarie 2026 tot Desember 2027

Fase twee: Konstruksie

Januarie 2028 tot Desember 2028

Fase drie: Konstruksie

Van toeskouer na toekomsbouer: Só kan jy help

Akademia se kampusontwikkelingsprojek sal deur ’n kombinasie van lenings, beleggings en skenkings vanaf die gemeenskap befonds word.

Skenkings en testamentêre bemakings speel ’n belangrike rol in die sukses van dié projek en verteenwoordig ’n goeie manier vir individue om betrokke te raak. Jou skenking of nalatenskap sal Akademia help om nie net sy kampusdroom te verwesenlik nie, maar ook om lewenskragtigheid aan die Afrikaanse hoëronderwysgemeenskap te gee.

Gemeenskapsbefondsing is ook belangrik, want dit gee aan die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe die kans om persoonlik betrokke te raak en só ʼn positiewe en blywende impak te maak. Wanneer ons almal daadwerklik betrokke raak, kan ons méér vermag as ooit tevore en saam bou aan ’n instelling wat nie net vir ons kinders is nie, maar ook vir toekomstige geslagte, ’n baken van hoop sal wees.

Toekomsbouers bewaar hul kultuurerfenis, en bou aan ’n nalatenskap

Om aan Akademia te skenk behels soveel méér as net ʼn blote finansiële transaksie – dit is ’n daad van toewyding en hoop ten einde die behoud van die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe te help verseker.

Elke rand wat geskenk word, help om ’n nalatenskap te bou wat vir jare sal voortleef.

Hoekom moet ek aan Akademia skenk?

Daar is talle voordele daaraan verbonde om as ’n donateur by Akademia se nuwe kampusontwikkeling betrokke te raak. Hier is vyf van die mees betekenisvolle redes:

  • Belê in Afrikaanse hoër onderwys: Jou skenking help om die toekoms van Afrikaanse hoër onderwys te verseker en bied aan studente die geleentheid om in hul moedertaal te studeer.
  • Bewaar die Afrikaanse- taal en kultuurerfenis: Deur te skenk speel jy ’n rol in die bewaring van die Afrikaanse taal en kultuur en dra jy tot die voortbestaan van ons gemeenskap se unieke identiteit by.
  • Skep ’n blywende nalatenskap: Jou bydrae verseker ’n toekoms vir opkomende geslagte, sodat hulle ook kan baat vind by gehalte onderwys in Afrikaans.
  • Ontvang belastingvoordele: Skenkings aan Akademia kwalifiseer vir belastingaftrekkings, en jy sal ’n artikel 18A-belastingsertifikaat ontvang om jou bydrae aan te dui.
  • Word deel van die dinamiese toekomsbouergemeenskap: Deur aan Akademia te skenk word jy deel van ’n gemeenskap wat roepingsgedrewe saamwerk om ’n instelling te bou wat Afrikaanse hoër onderwys vir geslagte sal ondersteun.
Hoe werk skenkings en donasies?

Akademia het dit maklik gemaak om ’n bydrae te lewer. Daar is verskeie maniere waarop jy kan skenk:

Eenmalige skenking of maandelikse bydrae

Maak ’n eenmalige skenking wat Akademia onmiddellik help om aan dringende behoeftes aandag te gee, soos die grootmaatdienste vir die nuwe kampus. Dit is ’n eenvoudige en direkte manier om ’n betekenisvolle impak te maak.

By wyse van maandelikse bydraes kan jy oor tyd ’n gereelde skenking maak wat Akademia help om ’n stabiele inkomste te handhaaf en projekte volhoubaar aan te pak, terwyl dit jou toelaat om jou bydrae gemaklik te versprei.

Gespesifiseerde of ʼn algemene skenking

Kies om jou skenking aan ’n spesifieke deel van die kampusontwikkeling te koppel, soos die aanlê van infrastruktuur óf die oprigting van ’n spesifieke gebou óf fasiliteit, en weet dat jou bydrae presies volgens jou wens aangewend sal word.

Alternatiewelik kan jy ’n skenking gee wat Akademia die vryheid bied om dit aan te wend waar dit die nodigste is. Só dra jy tot die algemene koste van die totale ontwikkeling by, sodat dit suksesvol aangepak en afgehandel kan word.

Let wel, indien ’n skenking nie gespesifiseerd is nie, sal dit uiteraard as ’n algemene skenking hanteer word.

Legaat of erflating

Skenk deur ’n legaat of erflating in jou testament, en verseker dat jou nalatenskap voortleef in die uitbouing van Afrikaanse hoër onderwys, sonder om jou huidige finansiële posisie te beïnvloed.

Elke skenking word waardeer.

Hoeveel moet ek skenk?

Ons weet dat elke individu se vermoë om te skenk verskil, en daarom waardeer ons elke bydrae – groot of klein.

Elke rand bring ons nader aan die voltooiing van Akademia se nuwe kampus en maak ’n daadwerklike verskil. Of jy ’n eenmalige skenking maak, maandeliks ’n bydrae lewer, Akademia in jou testament as begunstigde benoem óf ’n groter donasie oorweeg, elke bietjie help om ons droom te verwesenlik.

Vir dié wat groter skenkings kan maak, hou die volgende in gedagte: hoe meer ons nou insamel, hoe vinniger kan ons die projek voltooi en nóg meer gespesialiseerde fasiliteite oprig.

Skenk nou, bou saam aan die toekoms

Alhoewel die projek eers in Januarie 2025 afskop, kan ons vandag reeds begin om die fondament te lê.

Maak vandag nog ʼn daadwerklike verskil

Stuur gerus ’n e-pos na skenking@akademia.ac.za en een van ons fondsbestuurders sal spoedig met jou kontak maak om ’n besoek te reël en die aard van jou skenking, bydrae of nalatenskap te bespreek.

WORD ’N TOEKOMSBOUER.

Sluit aan en help ons om ’n blywende nalatenskap te bou.

Skenk nou, en wees deel van iets groter – ’n projek wat ons gemeenskap vir jare sal dien.

Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.


Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 


Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer