Search
Close this search box.

Netwerkgeleentheid in die Moot

DATUM

10 November 2023

TYD

11:30 vir 12:00

KOSTE

R100 per persoon

Wil jy meer weet oor die basiese beginsels van finansiering vir entrepreneurs?

Kom vind uit hoe jy basiese beginsels van finansiering kan toepas as entrepreneur saam met Akademia et al. se Shaun Coetzee tydens die netwerkgeleentheid in die Moot.

Die program vir die geleentheid:
  • Aankoms en verwelkoming
  • Shaun Coetzee: Basiese beginsels van finansiering vir entrepreneurs
  • Vraag-en-antwoordsessie oor Akademia en Akademia et al.
  • Netwerkgeleentheid en versnaperinge
Meer oor Akademia se nauurse afstandsmodel vir werkende studente

Meer inligting oor die nauurse afstandsmodel is op die webblad beskikbaar.

Akademia bied ʼn verskeidenheid hoëronderwyskwalifikasies aan om jou loopbaan te verseker. Lees meer hier.

Meer oor Akademia et al.

Akademia et al., gesetel onder die Akademia-vaandel, is in 2022 gevestig om praktykgerigte kortkursusse met ʼn akademiese onderbou aan individue en/of ondernemings te bied. Dié kortkursusse word aangebied deur uitgesoekte akademici en kundiges en word verpak om te fokus op die behoeftes van die werksplek asook akademiese verdieping.

Kom vind meer uit oor die Akademia-netwerk – ʼn netwerk van kennis, vriende en werksgeleenthede.

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE