*Die Paarl-kampus is voorlopig goedgekeur

LOOPBAANADVIES | TOETSE

WAT BEHELS DIE LOOPBAANADVIES EN -TOETSE?

Studente is soms onseker oor die ideale studierigting en loopbaankeuse omdat hulle nie oor die nodige kennis beskik wat hul eie persoonlikheid, belangstellings, vaardighede, vermoëns en waardes betref nie. Bemarkingsadviseurs bedien voornemende asook huidige studente gratis met waardevolle advies oor toelatingsvereistes en ander kwelvrae rakende studie by Akademia. 

Verder word die volgende professionele dienste aangebied:

STUDENTEONDERSTEUNING: PSIGOMETRIESE EVALUERINGS VIR GRAAD 11- EN 12-LEERDERS, VOORNEMENDE EN HUIDIGE STUDENTE

Die Studenteondersteuningsdienste bied professionele loopbaan- en studierigtingvoorligting deur ervare sielkundiges aan. Die diens word individueel of in groepsverband aangebied en sluit psigometriese assesserings in wat graad 11- en 12-skoliere,  voornemende studente sowel as huidige studente ondersteun met studierigtingkeuses en loopbaanadvies.

Deur middel van gestandaardiseerde meetinstrumente word belangstellings, karaktersterktes en intellektuele potensiaal geëvalueer. Op grond van die resultate word aanbevelings gemaak wat belyn is met die leerder/student se profiel en studierigtings.

Vir enige verdere navrae of om ’n afspraak te skeduleer, kontak Studenteondersteuning per e-pos by voorligting@akademia.ac.za. Ons span help graag met inligting oor die dienste, assesseringsproses en beskikbare afsprake.

Assessering en terugvoer word in Afrikaans en Engels aangebied. Die diens is beskikbaar vir graad 11- en 12-leerders, asook voornemende studente, teen ’n bekostigbare fooi. Huidige studente het gratis toegang tot die diens.

BEMARKINGSADVISEURS: CAREER DIRECT

Akademia-bemarkingsadviseurs is opgelei as Career Direct®-konsultante om ʼn loopbaanadviesdiens te kan lewer deur gebruik te maak van loopbaantoetse. Career Direct® is ʼn omvattende loopbaanassesseringsisteem wat Bybelse beginsels met moderne loopbaanadviestegnologie en -statistiek kombineer. Met volgehoue ontwikkeling oor die afgelope twintig jaar, fokus Career Direct® op vier belangrike komponente van loopbaankeuses: persoonlikheid, belangstellings, vaardighede en waardes.

Besoek Die Winkel om jou Career Direct-toets aan te koop.

’N KONSULTANT SAL JOU KONTAK MET ’N TOEGANGSKODE OM DIE TOETS AF TE LÊ.

Die toets neem sowat ʼn uur om te voltooi en kan op jou eie tyd voltooi word. Nadat die konsultant die verslae ontvang het, sal hulle ʼn afspraak met jou maak om virtueel of in persoon te ontmoet om die verslag met jou te bespreek. Die konsultant sal jou help om die data in die verslag te interpreteer sodat jy kan sien hoe die afsonderlike komponente tot mekaar spreek. Sodoende sal die data in effektiewe aanbevelings geïntegreer word. Mense van alle ouderdomme sal baat vind by Career Direct® se rigtinggewende en omvattende uitslae.

WIE SAL BAAT BY AKADEMIA SE LOOPBAANTOETSE?

  • Matrieks wat om studie moet aansoek doen
  • Studente wat onseker is oor hulle huidige studierigting of wat spesialiseringsrigtings moet kies
  • Afstuderende studente wat keuses moet maak oor moontlike werksaansoeke
  • Werkendes wat ongelukkig is in die werksplek en sekerheid oor hulle beroepskeuse wil verkry

WIE IS DIE CAREER DIRECT-KONSULTANTE?

Chrisna O’Kennedy

Chrisna O’Kennedy

Jeanmarie van Niekerk

Jeanmarie van Niekerk

HOE WERK DIE LOOPBAANTOETSE?

Besoek Die Winkel om jou Career Direct-toets aan te koop.

’N KONSULTANT SAL JOU KONTAK MET ’N TOEGANGSKODE OM DIE TOETS AF TE LÊ.

Die toets neem sowat ʼn uur om te voltooi en kan op jou eie tyd voltooi word. Nadat die konsultant die verslae ontvang het, sal hulle ʼn afspraak met jou maak om virtueel of in persoon te ontmoet om die verslag met jou te bespreek. Die konsultant sal jou help om die data in die verslag te interpreteer sodat jy kan sien hoe die afsonderlike komponente tot mekaar spreek. Sodoende sal die data in effektiewe aanbevelings geïntegreer word.

WAT KOS DIT?

Die Career Direct-toets en -konsultasie kan vir R1 500 op Die Winkel aangekoop word. Die toets sluit die konsultasiesessie in.

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 

Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.