Nuwe program vir 2025 | BA (Taalstudies)

Search
Close this search box.

LOOPBAANADVIES | TOETSE

WAT BEHELS DIE LOOPBAANADVIES EN -TOETSE?

Studentewerwers bedien voornemende en huidige studente gratis met waardevolle advies oor toelatingsvereistes, vakkeuses en ander kwelvrae oor studies by Akademia.

Dit gebeur dikwels dat studente onseker is oor die ideale studierigting en loopbaankeuses omdat hulle nie die nodige kennis oor hul eie persoonlikheid, belangstellings, vaardighede en waardes beskik nie. Vir hierdie rede word Akademia-studentewerwers opgelei as Career Direct®-konsultante om ʼn omvattende loopbaanadviesdiens te kan lewer deur gebruik te maak van loopbaantoetse.

WAT IS CAREER DIRECT?

Career Direct® is ʼn omvattende loopbaanassesseringsisteem wat Bybelse beginsels met moderne loopbaanadviestegnologie en -statistiek kombineer. Met volgehoue ontwikkeling oor die afgelope 20 jaar, fokus Career Direct® op vier belangrike komponente van loopbaankeuses: persoonlikheid, belangstellings, vaardighede en waardes.

WIE SAL BAAT BY CAREER DIRECT SE LOOPBAANTOETSE?

  • Graad 9-leerders wat vakkeuses moet maak.
  • Matrieks wat om studies moet aansoek doen.
  • Studente wat onseker is oor hulle huidige studierigting of wat spesialiseringsrigtings moet kies.
  • Afstuderende studente wat keuses moet maak oor moontlike werkaansoeke.
  • Werkendes wat ongelukkig is in die werksplek en sekerheid oor hulle beroepskeuses wil verkry.

Mense van alle ouderdom sal baat vind by Career Direct® se rigtinggewende en omvattende uitslae.

WIE IS DIE CAREER DIRECT-KONSULTANTE?

Chrisna O’Kennedy

Jeanmarie van Niekerk

Johan Lubbe

HOE WERK DIE LOOPBAANTOETSE?

Besoek Die Winkel om jou Career Direct-toets aan te koop.

’N KONSULTANT SAL JOU KONTAK MET ’N TOEGANGSKODE OM DIE TOETS AF TE LÊ.

Die toets neem sowat ʼn uur om te voltooi en kan op jou eie tyd voltooi word. Nadat die konsultant die verslae ontvang het, sal hulle ʼn afspraak met jou maak om virtueel of in persoon te ontmoet om die verslae met jou te bespreek. Die konsultant sal jou help om die data in die verslag te interpreteer sodat jy kan sien hoe die afsonderlike komponente tot mekaar spreek. Sodoende sal die data in effektiewe aanbevelings geïntegreer word.

WAT KOS DIT?

Die Career Direct-toets en -konsultasie kan vir R1 500 op Die Winkel aangekoop word. Die toets sluit die konsultasiesessie in.

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE