Konsultasiesessie:
Studeer in 2024

19 Januarie 2024

09:00-16:00

20 Januarie 2024

08:00-13:00
Gesels met een van ons bekwame studentewerwers by jou naaste sentrum óf aanlyn om jou aansoek vir studie by Akademia in 2024 te finaliseer.
Akademia is sedert 2012 ʼn akademiese tuiste wat vele oplossing bied vir ʼn verskeidenheid studente. Die nauurse afstandsmodel is ideaal vir studente wat werk, of ander belangstellings nastreef terwyl hulle studeer. Die voltydse kampusmodel word verkies deur skoolverlaters wat voltyds wil studeer en deelneem aan ʼn aktiewe studentelewe.
Aansoeke vir voorgraadse studie, nagraadse diplomas en die Gevorderde Diploma in Projekbestuur sluit eers 9 Februarie 2024.
Ons weet die besluit oor studie kan oorweldigend wees en daarom wil ons jou bystaan met individuele konsultasiesessies. Boek ʼn tydgleuf by jou naaste sentrum of aanlyn, bring al jou dokumentasie saam en ons studentewerwers sal jou bystaan met raad sowel as help om jou aansoekproses te finaliseer.
Hoe werk die registrasieproses vir die konsultasiesessie?
Jy moet vooraf ʼn tydgleuf by een van die sentrums of vir ʼn aanlyn konsultasie bespreek.
Registreer deur op hierdie skakel te klik. Voltooi dan die vorm deur jou kontakbesonderhede in te vul, en klik op “Bespreek”.
Sodra jy suksesvol geregistreer het, sal ʼn studentewerwer jou kontak om ʼn tydgleuf te bevestig.
Indien jy vir die aanlyn sessie registreer, sal die skakel na die aanbieding nader aan die tyd elektronies aan jou gestuur word. Hou gerus jou e-posse dop.
Meer oor Akademia se onderrigleermodelle

Kom vind meer uit oor die Akademia-netwerk – ʼn netwerk van kennis, vriende en werksgeleenthede.
REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE