Inligtingsessie oor nauurse afstandstudie by Akademia in 2026
DATUM
Saterdag 12 April 2025
TYD
09:00-10:30
Jou drome is binne jou bereik! Skop jou studiereis in 2026 af
Akademia is sedert 2012 ʼn akademiese tuiste wat verskeie oplossing bied vir studente. Die nauurse afstandsmodel is ideaal vir studente wat werk, of ander belangstellings nastreef terwyl hulle studeer.
Kom vind meer uit oor jou studiemoontlikhede vir 2026
DIE PROGRAM VIR DIE INLIGTINGSESSIE
- ʼn Oorsig van Akademia
- Wat kan ek studeer?
- Hoe werk die klasbywoning?
- Hoe werk die aansoekproses?
- ʼn Vraag-en-antwoord-sessie om enige knellende navrae te beantwoord.
HOE WERK DIE REGISTRASIEPROSES VIR DIE INLIGTINGSESSIE?
- Jy moet vooraf registreer om toegang tot die inligtingsessie te verkry.
- Registreer deur op hierdie skakel te klik. Voltooi dan die vorm deur jou kontakbesonderhede in te vul, en klik op Bespreek.
- Sodra jy suksesvol geregistreer het, sal jy ʼn e-pos ter bevestiging ontvang.
- Indien jy vir die aanlyn sessie registreer, sal die skakel na die aanbieding nader aan die tyd elektronies aan jou gestuur word. Hou gerus jou e-posse dop.
MEER OOR AKADEMIA SE ONDERRIGLEERMODELLE
Meer inligting oor die nauurse afstandsmodel is op die webblad beskikbaar.
Akademia bied ʼn verskeidenheid hoëronderwysprogramme aan om jou loopbaan te verseker. Lees meer hier.
Kom vind meer uit oor die Akademia-netwerk – ʼn netwerk van kennis, vriende en werksgeleenthede.
REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE