Kampusopedag 10 en 11 Mei 2024

Search
Close this search box.

Dekaan verkies tot raad van SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Gepubliseer op: 28 Oktober 2020

Professor Pieter Duvenage, dekaan van die Fakulteit Geesteswetenskappe, is onlangs verkies tot die raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) vir 2020-2023. Lede van die SAAWK (ongeveer 950) kon persone nomineer in die afdelings natuurwetenskappe en geesteswetenskappe om op die raad te dien. Duvenage is een van veertien akademici wat die leisels op die raad inneem, en sal ʼn kernrol binne die Kunste en Geesteswetenskappe-afdeling vervul.

Die SAAWK bestaan sedert 1909, en speel ʼn oorkoepelende rol wat die natuurwetenskappe en geesteswetenskappe aan Suid-Afrikaanse hoëronderwysinstellings aanbetref. Die organisasie vervul ʼn belangrike take om Afrikaans in hierdie kennisgebiede te onderhou en uit te bou.

Akademia is trots op hierdie prestasie – die eerste keer in haar betreklike kort bestaanstyd wat ʼn akademiese bestuurslid van die instelling verkies is om op die SAAWK-raad te dien. Met Akademia se aanbod wat vergroot in die Fakulteit Geesteswetenskappe is dit hoogs gepas dat professor Duvenage, deur sy betrokkenheid by die SAAWK, ook ʼn bydrae op hierdie gebied kan lewer. Akademia is as Afrikaanse hoëronderwysinstelling ook daarop toegespits om ons moedertaal se akademiese en wetenskapsfunksies uit te bou.

“Ek is bevoorreg om op die raad te dien, en sien daarna uit om my opleiding en ervaring tot die bevordering van geesteswetenskappe in Afrikaans te deel ten einde die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskap in die breër samelewing te dien,” deel professor Duvenage.

Baie geluk aan professor Pieter Duvenage wat tot die raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) vir 2020-2023 verkies is.