Gepubliseer op: 26 Maart 2025
Die jaar 2025 sal in die geskiedenisboeke aangeteken word as ʼn besonderse feesjaar vir die Afrikaanse taal. Op 8 Mei vanjaar sal dit presies 100 jaar wees sedert Afrikaans ʼn amptelike taal van Suid-Afrika geword het. In die lig hiervan skaar Akademia, as ʼn trotse Afrikaans onafhanklike hoëronderwysinstelling, homself heelhartig by die viering van dié grootste taalhoogtepunt. Een van die maniere waarop die instelling hierdie eeufeesviering gestand doen, is by wyse van die L-E-E-S!-projek.
Die L-E-E-S!-projek is daarop gefokus om leervaardighede en taalbegrip op skoolvlak te bevorder met die doel om leerders taalvaardig voor te berei vir hul naskoolse studiereis. Hierdie voorbereiding geskied aan die hand van deelname aan verskeie pretaktiwiteite en kompetisies asook die beskikbaarstelling van nuttige hulpbronne ter ondersteuning van die taalleerervaring. Hierdie projek vind in samewerking met verskeie ander lede van en inisiatiewe vanuit die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe plaas, waaronder die ATKV, die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA), Afrikaans.com, die AfriForum Dink of Sink-debatskompetisie, die Nasionale Interskole Redenaarsliga, Podiumpret asook die Akademia-taalsentrum.
ʼn Propvol L-E-E-S!-kalender, wat vanaf Februarie tot November strek, betrek laer- én hoërskoolleerders van dwarsoor die land. Verskeie kompetisies maak deel uit van dié kalender en sluit onder meer in:
Laerskoolleerders vanaf graad 6 tot 7, en hoërskoolleerders vanaf graad 10 tot 11, stel hul idioomkennis op die proef en bevorder só hul taalbegrip en liefde vir die eiesoortige uitdrukkingskrag van hul moedertaal.
Tydens hierdie taal- en begripsvaardigheidskompetisie word leerders vanuit al nege provinsies se spelvaardighede getoets.
Hierdie goed gevestigde debatskompetisie rus leerders toe met goeie kommunikasievaardighede en die vermoë om krities na te dink oor aktuele sake van die dag.
Dertien jaar ná die ontstaan van dié gewilde redenaarsliga verteenwoordig hierdie platform een van die grootste en mees gesogte debatskompetisies in die land.
Wat taalhulpbronne betref stel Akademia, Afrikaans.com en VivA verskeie artikels, naslaangidse, woordeboektoepe, infografika en aanlyn aktiwiteite soos werkskaarte, stories en speletjies beskikbaar vir junior en senior leerders.
Volgens Mareli Swanepoel, bestuurder: Institusionele projekte en ondernemings by Akademia, verteenwoordig die L-E-E-S!-projek een van die maniere waarop die instelling sy verbondenheid tot Afrikaanse moedertaalonderrig uitleef. “Danksy hierdie projek, en die vennote wat hande vat, rus ons leerders speel-speel toe om taalslim te word, en in die proses vier en koester ons die veelheid wat in ons moedertaal opgesluit lê,” meen Swanepoel. Sy voeg by dat sy opgewonde is oor die toekomsvooruitsig van die projek en dat, tesame met die deelnemende vennote, dit duidelik is dat die polsslag van Afrikaans sterk en gesond is.
Hou gerus Akademia se sosialemediaplatforms dop vir meer inligting en foto’s wat met dié projek verband hou.
Akademia MSW (Maatskappyregistrasienommer: 2005/024616/08) is by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as privaat hoëronderwysinstelling geregistreer ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 • Registrasienommer: 2011/HE08/005 | © Kopiereg 2025 – Akademia – Alle Regte Voorbehou
Privaatheidbeleid | Vrywaring | HelpDesk tool provider: HelpDesk | Chat provider: LiveChat
Akademia-skenkingsfonds
Eerste Nasionale Bank
Rekeningnommer: 62857561445
Takkode: 210554
Verwysing: Jou selfoonnommer
Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)
Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.
Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak.
083 254 0142
skenking@akademia.ac.za
Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.