Gepubliseer op: 21 Julie 2025
Kennis en wysheid mag dalk oënskynlik twee kante van dieselfde muntstuk verteenwoordig, maar binne die milieu van die Christelike en klassieke universiteitsidee staan dié twee aspekte in skrille kontras met mekaar. Hierdie onderskeid was vanaf 14 tot 16 Julie 2025 die fokus van ʼn reeks gespreksforums en lesings by Akademia, soos aangebied deur prof. Todd Buras, ʼn Amerikaanse akademikus en denkgenoot, vanaf die Baylor Universiteit in Texas.
Buras se besoek aan die instelling is deur die NP van Wyk Louw-sentrum gefasiliteer wat dit ten doel het om toe te sien dat die klassieke universiteitsidee – waarin Akademia se bestaan diep gewortel is – gevestig, uitgebou en aan die breër wêreld uitgedra word. Vanuit hierdie gedagte is die instelling verbind tot die strewe na die ware, die skone en die goeie terwyl die denke én hart van studente aktief gevorm word. Laasgenoemde vorming berei studente nie nét voor vir ʼn uitnemende beroepslewe nie, maar óók vir volwaardige en verantwoordelike burgerskap.
Die najaag van wysheid
Oor die bestek van Buras se besoek het hy verskeie gesprekke met personeel en studente gevoer, terwyl hy ook drie lesings op die instelling se Leriba-kampus in Pretoria aangebied het. Die temas van hierdie lesings het ingesluit:
Die nastreef van wysheid vanuit verskillende kurrikula.
Volgens Buras, wat aan die hoof van die Baylor Universiteit se Departement van Filosofie staan, kan daar groot onderskeid getref word tussen die Christelike klassieke universiteitswese en moderne universiteitswese. Hy som hierdie verskille op deur te sê dat eersgenoemde ʼn verbonde wysheidsagenda verteenwoordig terwyl laasgenoemde, deur sy gefragmenteerde strewe na die ontwikkeling van nuwe kennis, eerder as ʼn “multiversiteit” beskou kan word.
In die konteks van die Christelike klassieke universiteitswese, en daarom ook dié van Akademia, kry die toepassing van bogenoemde wysheidsagenda gestalte in onder meer:
Die uitbouing van klassieke deugde soos diensbaarheid, kritiese denke, dapperheid, pionierskap en rentmeesterskap. Hierdie deugde rus studente toe om nie net die regte dinge te doen nie, maar om met sekerheid te weet waarom dit die moeite werd is om reg te doen.
Volgens dr. Daniël Maritz, bestuurder: NP van Wyk Louw-sentrum, verteenwoordig dié besoek ʼn besliste hoogtepunt op die sentrum se gebeurlikheidskalender. Buras se besoek volg op ander onlangse internasionale gaste waaronder ʼn afvaardiging van Hillsdale College in Michigan in die Verenigde State en prof. Richard Howe, voormalige president van die Internasionale Vereniging van Christelike Apologetiek.
Kyk hier na ʼn gesprek tussen Buras en dr. Morné Malan, dosent: Groot Boeke, vanuit die NP van Wyk Louw-sentrum, as deel van die Vriende oor grense-reeks.
*Disputasie verwys na ʼn gestruktureerde proses van debatsvoering en bespreking wat sy oorsprong in klassieke Middeleeuse universiteite het.
Akademia MSW (Maatskappyregistrasienommer: 2005/024616/08) is by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as privaat hoëronderwysinstelling geregistreer ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 • Registrasienommer: 2011/HE08/005 | © Kopiereg 2025 – Akademia – Alle Regte Voorbehou
Privaatheidbeleid | Vrywaring | HelpDesk tool provider: HelpDesk | Chat provider: LiveChat
Akademia-skenkingsfonds
Eerste Nasionale Bank
Rekeningnommer: 62857561445
Takkode: 210554
Verwysing: Jou selfoonnommer
Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)
Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.
Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak.
083 254 0142
skenking@akademia.ac.za
Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.