Aansoeke vir koshuisverblyf

Wat behels ʼn koshuislewe by Huis Hennops, Huis Magalies, Huis Strelitzia en Huis Dahlia?

Akademia as hoëronderwysinstelling is uitsonderlik en uniek. Een van die hoofredes hiervoor is dat studente (of soos ons hulle noem, Fonties) blootgestel word aan ʼn gebalanseerde en opwindende studentelewe. Die hartklop van so ʼn studentelewe word in hierdie koshuise gevind. Dit is sigbaar in die manier waarop koshuise studente vorm, sodat die waardesisteem en beginsels wat hulle by die koshuis leer deel van hulle identiteit raak. ʼn Aspek wat nie losgemaak kan word van ons koshuislewe nie, is Akademia se vormingsideaal wat sigbaar is in alles wat gedoen en gesê word. Studente ontvang wêreldklas opleiding sowel as opvoeding. Dit het tot gevolg dat koshuisstudente aan hulle optrede en denkwyse uitgeken sal word. ʼn Koshuis is ʼn nuwe tuiste weg van jou huis af en gaan jou vorm op maniere wat jy nooit sou gedink het nie. Dit is ongetwyfeld so dat die koshuislewe iets is waarby enige student moet inskakel. Dit sal ʼn positiewe invloed op die res van jou lewe hê. Om deel te vorm van hierdie koshuise is ʼn voorreg en die huiskomitee (HK) sien uit daarna om jou deel van ons koshuisfamilie te maak.

Voltooi die vorm om aansoek te doen vir koshuisverblyf by Akademia:


REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 


Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.