Oorsig
Grondslag
Die hoogste ideale van die klassieke universiteitswese is in die Christelike geloof en die uitgangspunte van die Westerse kultuur gegrond. Anders verwoord, Akademia is gegrond in Jerusalem (die oorsprong van ons geloof); Athene (die oorsprong van ons denke) en Rome (die oorsprong van ons sin vir orde en reg).
Vanaf hul vroegste oomblikke is die klassieke universiteitswese vanuit genoemde ideale daartoe verbind om die denke én hart van studente te vorm; om hul vir ʼn uitnemende beroepslewe asook vir ʼn volwaardige burgerskap in hul kultuur en gemeenskap voor te berei.
ʼn Sentrale kenmerk van hedendaagse universiteitswese is om die strewe na die ware, die goeie en die skone met materialistiese, relatiwistiese, pragmatiese en individualistiese oogmerke te vervang. Met sy verbintenis tot die hoogste ideale van die klassieke universiteitswese bied die NP van Wyk Louw-sentrum ʼn rigtinggewende antwoord op die hedendaagse universiteitswese.
Wat is die klassieke universiteitsidee?
Die wese van die klassieke universiteitsidee (ook bekend as die “vormingsideaal”) word saamgevat in die strewe na insig in die waarheid, goedheid en skoonheid van die skepping. In en deur dié strewe kom die akademiese lewe tot sy reg.
Ter wille van duidelikheid kan tussen die teoretiese en praktiese dimensies van die vormingsideaal onderskei word. Akademia gaan van die standpunt uit dat sowel die teoretiese as die praktiese dimensies belangrik is.
Die teoretiese
Akademia het ten doel om studente af te lewer wat deur sowel ʼn uitnemende kennis van hul onderskeie dissiplines as deur insig in die samehang tussen die verskillende dissiplines gekenmerk word. Geformuleer met behulp van die oeroue onderskeid tussen die “dele” en “die geheel”: Ná die voltooiing van hul studies beskik studente nie net oor uitstaande kennis van ʼn deelaspek van die geheel nie, maar ook oor insig in die geheel self.
Die praktiese
Akademia is by wyse van die vormingsideaal ook tot die praktiese vorming van die karakter van studente verbind. Vanweë die fragmentasie van die Christelik-Westerse wêreld in ʼn veelheid van botsende lewens- en wêreldbeskouings is universiteite vandag nie meer tot karaktervorming verbind nie. In die plek van karaktervorming word eensydig klem gelê op die individuele regte van die onverbonde student/verbruiker. Akademia gaan van die standpunt uit dat karaktervorming in ʼn tyd van fragmentasie ʼn rigtinggewende ideaal vir die hedendaagse student verteenwoordig. Deur middel van karaktervorming kom studente tuis in ʼn wêreld wat deur ʼn sin vir heelheid eerder as fragmentasie gekenmerk word.
Personeel
Akademie
NP van Wyk Louw-sentrum en kapelaan
Groot Boeke
Groot Boeke
Genote van die sentrum
Genote van die NP van Wyk Louw-sentrum is lede wat op verskeie maniere en plekke hulself ook verbind tot die oorhoofse visie en bestaansrede van die sentrum. Hulle lewer ook bydraes by die sentrum se openbare geleenthede en skryf gereeld op die vlak van idees oor kwessies wat belangrik is vir die sentrum om aan te spreek.
Departementshoof van Sosiale Wetenskappe aan Akademia
Departementshoof van Publiek- en Prosesreg aan Akademia
van Lex Libertas
by AfriForum
Ereleerstoel in kultuurstudies
In 2021 verwelkom Akademia vir dr. Carel Boshoff as die eerste bekleër van die NP van Wyk Louw-ereleerstoel in kultuurstudies.
Die NP van Wyk Louw-sentrum is verantwoordelik vir die bestuur van die ereleerstoel in kultuurstudie, wat gereelde gaslesings en publikasies vanuit die ereleerstoel insluit.
Dr. Carel Boshoff
Dr. Carel Boshoff is in 1963 in Pretoria gebore waar hy ook skoolgaan en in 1981 aan die Hoërskool Silverton matrikuleer. Daarna studeer hy aan die Universiteit van Pretoria. Hy tree in 1992 in diens van die Afrikanervryheidstigting (AVSTIG) en trou in 1994 met Anje Verwoerd. In 1997 verhuis hulle na Orania waar hy in verskillende hoedanighede betrokke is, ʼn gesin vestig en steeds woon. Dr. Boshoff behaal die grade BA (Teologie) in 1985, BAHons (Wysbegeerte) in 1987 en MA (Kultuurgeskiedenis) in 1991. Hy studeer ook in Argitektuur. In 2021 registreer hy vir ʼn PhD in Filosofie aan die Universiteit van die Vrystaat en voltooi dit in 2025.
Deur sy loopbaan was hy onder andere die hoof van Navorsing en Skakeling van AVSTIG, lid van die Volkstaatraad, uitvoerende hoof van die Orania Beweging, lid
van die Noord-Kaapse Provinsiale Wetgewer, president van die Orania Beweging en hoof van die Vryheidstigting. Hy is ook die skrywer van verskeie publikasies.
Bly op hoogte van die NP van Wyk Louw-sentrum se nuus en gebeure

