Groot Boeke

Talle van die wêreld se mees vooraanstaande universiteite wat in die vrye kunste-tradisie staan, is tot die lees van die Groot Boeke verbind. By hierdie universiteite word daar van studente verwag om kennis te maak met die groot tekste uit die tradisie, om só studente deel van ʼn eeueoue gesprek met die verlede te maak. Dit is egter nie ʼn nostalgiese oefening nie. Deur studente behoorlik in die tradisie te anker en hulle aan die groot vrae oor die lewe bloot te stel, word hierdie studente in staat gestel om die hede en die toekoms op ʼn begronde manier aan te pak. So word volwaardige en goed gevormde studente die wêreld in gestuur met ʼn breë verwysingsraamwerk, historiese kennis en die nodige ideetoerusting om die uitdagings van die tyd met selfvertroue aan te durf.

Akademia se Groot Boeke-program poog om die lees van die groot tekste in ons eie konteks tuis te maak. Die groot tekste sluit direk by Akademia se vormingsideaal aan. Die vormingsideaal beoog om sowel kennis as wysheid oor te dra. Dus, om beide die denke én die hart van studente te vul en te help vorm. Akademia het ʼn noukeurig gekose lys van Groot Boeke saamgestel wat studente saam met personeel van die NP van Wyk Louw-sentrum deur die loop van hul studies deurwerk. Hierdie boeke bied aan studente ʼn breë oorsig oor Akademia se kernwaardes as ʼn klassieke, Christelike en Afrikaanse instelling.

EERSTEJAARSTUDENTE

LEES TANS

Mere Christianity  – CS Lewis
The Hobbit – JRR Tolkien

TWEEDEJAARSTUDENTE

LEES TANS

Die Odusseia – Homeros

DERDEJAARSTUDENTE

LEES TANS

Notes from Underground – Fyodor Dostoevsky

The Death of Ivan Ilyich – Leo Tolstoy

The Picture of Dorian Gray – Oscar Wilde

Alhoewel die hoëronderwysopset in Suid-Afrika nie voorsiening maak vir studente om vir drie of vier jaar slegs aan die Groot Boeke te lees nie, is dit ʼn algemene praktyk in Suid-Afrika om modules vir studente aan te bied wat buiteom hul bepaalde spesialisvelde beweeg. In hierdie aanvullende modules word daar aan lees- en taalvaardighede en ook morele vorming aandag gegee om studente nie net vir hul studies nie, maar ook vir die werkslewe voor te berei. Die Groot Boeke-program by Akademia neem juis hierdie plek by die studentelewe in. Die program se doel is dus nie net om studente aan van die groot tekste van ons tradisie bloot te stel nie, maar ook om lees- en taalvaardighede en interpretasievermoëns by studente aan te wakker.

KONTAK ONS

Kontak gerus die NP van Wyk Louw-sentrum by npvw@akademia.ac.za of skakel 0861 222 888.

Bly op hoogte van die NP van Wyk Louw-sentrum se nuus en gebeure

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 


Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.