Die doel van die NP van Wyk Louw-sentrum is om toe te sien dat die klassieke universiteitsidee (die vormingsideaal) aan Akademia gevestig, uitgebou en ook aan die breër wêreld uitgedra word.

“Vanuit sy Christelike en klassieke gronde is Akademia verbind tot die strewe na die ware, die skone en die goeie.”

– prof. Danie Goosen, uitvoerende hoof: Akademie

Hoekom juis die NP van Wyk Louw-sentrum?

NP van Wyk Louw verteenwoordig in die geskiedenis van die Afrikaanse kulturele lewe ʼn intellektuele hoogtepunt. Louw het homself in sy werk (onder meer in liberale nasionalisme) tot drie ‘strewe’, die strewe na waarheid, goedheid en skoonheid, asook die sentrale klem op die belangrikheid van insig in die geheel, verbind. Met die naam NP van Wyk Louw-sentrum verbind Akademia homself tot ʼn erkenning en uitbouing van die intellektuele hoogtepunte wat Van Wyk Louw in die Afrikaanse intellektuele landskap verteenwoordig.

Die taak van die sentrum

Die NP van Wyk Louw-sentrum is die denkforum van Akademia. Die sentrum is verantwoordelik vir navorsing oor grondliggende idees, sowel as die aanbied van konferensies, openbare lesings, artikels en opleiding aan beide personeel en studente.

Akademia beoog om studente op te lewer wat deur sowel ʼn uitnemende kennis van hul onderskeie studievelde as deur ʼn insig in die groter samehang tussen die verskillende dissiplines gekenmerk word. Tegelykertyd streef Akademia ook daarna om personeel deurlopend by te staan sodat hierdie samehang tussen die dele en die geheel by die hoëronderwysinstelling in elke dissipline deurskemer. Die sentrum se interne taak is om leiding op beide bogenoemde terreine te neem.

Vanaf hierdie interne taak vloei die sentrum se gemeenskaplike verantwoordelikheid, naamlik om hierdie grondliggende idees aan die breër Afrikaanse gemeenskappe uit te dra.

KONTAK ONS

Kontak gerus die NP van Wyk Louw-sentrum by npvw@akademia.ac.za of skakel 0861 222 888.

Bly op hoogte van die NP van Wyk Louw-sentrum se nuus en gebeure

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 


Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.