PAARL-
KAMPUS

Koshuis- en daghuisinligting

Jy betree nou as jong volwassene jou nuwe (kos)huis. Die koshuislewe beloof om jou nader aan die unieke bruisende studentelewe van Akademia te bring, en ʼn wesenlike impak op jou vorming as Fontie te hê. Studente wat nie in inwoonkoshuise woon nie, word outomaties in ʼn daghuis ingedeel. Daghuise bied aan Fonties die geleentheid om teen koshuise mee te ding en aan opwindende daghuisaktiwiteite deel te neem.

Inwoonkoshuise

Daar is sewentien dames op ons een perseel en sewe dames op ons ander perseel, wat ʼn totaal van 24 uitmaak.

R70 000 vir die jaar (betaalbaar oor tien maande, Februarie tot November)

Sluit in: water, krag, onbeperkte internet en ʼn skoonmaakdiens elke tweede week

Daar is ʼn volledig toegeruste kombuis waar studente vir hulself etes kan maak. Etedienste is nog nie beskikbaar nie.

ʼn Bed, matras, lessenaar, kas en stoel word deur die koshuis verskaf. Daar is meestal enkelkamers en enkele dubbelkamers. Plasings daarvoor word deur Studentesake behartig.

Daar is veilige opelugparkering en jy mag ʼn motor hê.

Die deposito is nieterugbetaalbaar ná Januarie van die betrokke akademiese jaar nie, behalwe in die geval waar die student ná die vrystelling van finale punte nie kwalifiseer om enige programme by die instelling te studeer nie.

Kansellasietydperk beloop een kalendermaand na ondertekening van die kontrak.

R61 500 vir die jaar (betaalbaar oor tien maande, Februarie tot November)

Sluit in: water, krag, onbeperkte internet en ʼn skoonmaakdiens elke tweede week

Daar is ʼn volledig toegeruste kombuis waar studente vir hulself etes kan maak. Etedienste is nog nie beskikbaar nie.

ʼn Bed, matras, lessenaar, kas en stoel word deur die koshuis verskaf. Daar is meestal enkelkamers en enkele dubbelkamers. Plasings daarvoor word deur Studentesake behartig.

Daar is veilige opelugparkering en jy mag ʼn motor hê.

Die deposito is nieterugbetaalbaar ná Januarie van die betrokke akademiese jaar nie, behalwe in die geval waar die student ná die vrystelling van finale punte nie kwalifiseer om enige programme by die instelling te studeer nie.

Kansellasietydperk beloop een kalendermaand na ondertekening van die kontrak.

Saamrygeleenthede en -groepe vorm gou en Akademia sal bystand daarmee bied. Daar is nie tans ʼn vervoerdiens nie.

Inwoonkoshuise

Daghuise

Die doel van ʼn daghuis is om vir studente wat deel van Akademia se voltydse kampusmodel is, maar nie in ʼn koshuis bly nie, die geleentheid te bied om die pret van die koshuis- en studentelewe te geniet. Sodoende kan dié studente koshuisaksies, dinees en alle kultuur- en sportfunksies van die daghuis bywoon en deel vorm van ʼn unieke en besondere koshuiskultuur.

Die waarde van daghuise kan nie genoeg beklemtoon word nie. Akademia se vormingsideaal spreek tot die vorming van denke én hart, en in dié roeping speel koshuisstrukture ʼn belangrike rol.

Daghuise bied aan studente die geleentheid om heelhartig deel te word van ʼn unieke koshuiskultuur en stel hulle in staat om só Akademia se bruisende studentelewe eerstehands te ervaar. Nóg ʼn voordeel wat ʼn daghuis ontsluit is die daarstelling van ʼn is die gemeenskapsgevoel wat in koshuisverband gekweek word wat pragtig aansluit by Akademia se roeping as ʼn onafhanklike hoëronderwysinstelling vanuit en vir die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskap.

Indien daar enige verdere vrae of onduidelikhede is, stuur gerus ʼn e-pos na paarlkoshuisadmin@akademia.ac.za.

KONTAK ONS

Akademia MSW (Maatskappyregistrasienommer: 2005/024616/08) is by die Departement van Hoër Onderwys
en Opleiding as privaat hoëronderwysinstelling geregistreer ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 •
Registrasienommer: 2011/HE08/005 | © Kopiereg 2025 – Akademia – Alle Regte Voorbehou

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 


Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.