PRETORIA-
KAMPUS

Finansies

PROGRAMFOOIE

Programfooie verskil van program tot program.

AFBETALING VAN PROGRAMKOSTES

Voltydse kampusmodel

Ná betaling van die registrasiefooi van R6 000 kan die student:

  • Die volle studiekoste eenmalig vereffen; of
  • ʼn Afbetalingsooreenkoms met Akademia sluit, waarvolgens afbetaling van die oorblywende studiegelde vanaf einde Februarie tot einde November onderskeidelik met een tiende per maand vereffen moet word. 50% van die totale studiekoste vir die jaar moet voor 30 Junie 2026 betaal wees.
FINANSIERINGSOPSIES

Studente kan tydens die studieaansoekproses by Akademia aandui of hulle vir finansiering aansoek wil doen. Die volgende opsies is beskikbaar:

  • Ondersteuning deur Solidariteit Finansiële Dienste (SFD)

  • Studieondersteuning deur Solidariteit Helpende Hand

Alle aansoeke gaan egter eers deur die SFD-proses voordat dit na Solidariteit Helpende Hand Studietrust verwys sal word vir oorweging.

KOSHUISFOOIE

Verblyf op koshuis@Jordan (Huise Strelitzia, Magalies en Dahlia)

R7 500 per maand oor tien maande (sluit verblyf, R500 vir Spys- etes en R500 vir krag per maand in)

Ander eenmalige fooie || Deposito: Eerstejaars – R6 500

Verblyf op Leriba-kampus (Huis Hennops)

R6 830 per maand oor tien maande (sluit verblyf en R1 400 vir Spys-etes in)

Ander eenmalige fooie || Deposito: Eerstejaars – R5 450 (een maand se verblyf)

AKADEMIESE MERIETEBEURSE

Akademia bied merietebeurse aan vir studente met onderskeidings wat direk ná graad 12 hul studie begin en geregistreer is vir drie- of vierjaarbaccalaureusgrade. Die beurs word outomaties toegeken gebaseer op finale matriekeksamenuitslae, tot ʼn maksimum van R50 000 per student, en kan slegs as studiegelde of koshuisfooie gebruik word. Bepalings en voorwaardes geld.

KONTAK ONS

Akademia MSW (Maatskappyregistrasienommer: 2005/024616/08) is by die Departement van Hoër Onderwys
en Opleiding as privaat hoëronderwysinstelling geregistreer ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 •
Registrasienommer: 2011/HE08/005 | © Kopiereg 2025 – Akademia – Alle Regte Voorbehou

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 


Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.