PRETORIA-
KAMPUS
Oriëntering
Die oriënteringsweek is jou eerste tree op ʼn opwindende reis saam met Akademia – ʼn reis van ontdekking, gemeenskap en groei. Vanaf 26 tot 30 Januarie 2026 word nuwe studente verwelkom tydens ʼn week propvol akademiese en studentesakeinligting, inspirasie en interaksie. Hierdie week bied aan Fonties die geleentheid om hul kampusomgewing te leer ken, om vriendskappe te smee, met dosente en die studenteraad kennis te maak, en deel te word van Akademia se unieke kultuur.
Jy kan dus uitsien na ʼn week gevul met verskeie aktiwiteite van sport en kultuur tot ʼn kampuskuier en spanbou – alles wat Akademia se bruisende studentelewe verteenwoordig.
By Akademia glo ons dat vorming sowel as opleiding belangrik is – en jou oriëntering is een van die eerste stappe in hierdie vormingsreis. Jy begin nie net met klasse nie; jy begin met ʼn gemeenskap.
Jou storie by Akademia begin hier – en ons kan nie wag om dit saam met jou te skryf nie!
Akademia MSW (Maatskappyregistrasienommer: 2005/024616/08) is by die Departement van Hoër Onderwys
en Opleiding as privaat hoëronderwysinstelling geregistreer ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 •
Registrasienommer: 2011/HE08/005 | © Kopiereg 2025 – Akademia – Alle Regte Voorbehou
Akademia-skenkingsfonds
Eerste Nasionale Bank
Rekeningnommer: 62857561445
Takkode: 210554
Verwysing: Jou selfoonnommer
Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)
Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.
Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak.
083 254 0142
skenking@akademia.ac.za
Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.