Search
Close this search box.

Onderwyser, jy is en doen soveel méér – Akademia-kenner

Onderwyser, jy is en doen soveel méér – Akademia-kenner Gepubliseer op: 4 Oktober 2024 Geskryf deur dr. Chris-Mari Le Hanie, dosent verbonde aan die Fakulteit Opvoedkunde aan Akademia. Op 5 Oktober 2024 word Onderwysersdag landswyd gevier. Op dié dag val die kollig opnuut op onderwysers, hul rol en die waarde wat hulle tot die vorming […]

Aanlyn inligtingsessie fokus op Akademia se NGOS-program

Aanlyn inligtingsessie fokus op Akademia se NGOS-program Gepubliseer op: 2 Oktober 2024 Oktober is Onderwysermaand in Suid-Afrika. Gedurende dié maand word daar nie net erkenning gegee aan die toekomswerk waarmee onderwyslui hulself besig nie, maar daar word ook gefokus op die professionele voorbereiding van onderwysers. Akademia bied reeds vanaf 2021 die Nagraadse Onderwyssertifikaat (Senior Fase- […]

Boedeladministrasie is ʼn belangrike deel van finansiële beplanning – Akademia-kenner

Boedeladministrasie is ʼn belangrike deel van finansiële beplanning – Akademia-kenner Gepubliseer op: 20 September 2024 Met die aanbreek van Nasionale Testamentweek, wat van 16 tot 20 September 2024 plaasvind, val die kollig opnuut op boedelbeplanning as ʼn belangrike deel van effektiewe finansiële beplanning. Volgens Monique Bräsler, ʼn dosent in Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe aan Akademia, […]

Deelnemers aan die Jongerenprojek besoek Akademia en versterk só taalbande

Deelnemers aan die Jongerenprojek besoek Akademia en versterk só taalbande Gepubliseer op: 20 September 2024 Internasionale deelnemers aan die Jongerenprojek (JP) het in Julie voet aan wal gesit in Suid-Afrika en ook onder meer tyd by Akademia se kampusse in Centurion, Gauteng, spandeer. Dié gesogte uitruilprogram poog jaarliks om deelnemers by wyse van ʼn uitruilprogram […]

Akademia se Wes-Kaap-droom neem vorm aan

Akademia se Wes-Kaap-droom neem vorm aan Gepubliseer op: 13 Junie 2024 Akademia het vroeër vanjaar die opwindende nuus gedeel dat dié hoëronderwysinstelling in die proses is om sy geografiese voetspoor in die Wes-Kaap teen 2026 uit te brei. Hierdie uitbreiding spreek tot die instelling se nuwe groeifase wat vanjaar reeds uitgeloop het op die ingebruikneming […]

Die gesin is die hartklop van die samelewing – Akademia-kenner

Die gesin is die hartklop van die samelewing – Akademia-kenner Gepubliseer op: 30 Mei 2024 Geskryf deur Susan O’Reilly, dosent verbonde aan Akademia se Fakulteit Opvoedkunde Moedersdag is in Meimaand gevier en gedurende Junie sal Vadersdag én Jeugdag aan die beurt kom. Gedagtig aan hierdie spesiale gesinsgeleenthede deel ek graag my siening dat die gesin […]

Van toeka se bordkryt na klaskamer in die kuberruimte

Van toeka se bordkryt na klaskamer in die kuberruimte Gepubliseer op: 24 Mei 2024 Die Fakulteit Opvoedkunde het die afgelope week gestalte gegee aan Akademia se leuse ad futurum per fontes oftewel na die toekoms deur die bronne. Dr. Pierre Edwards het op 21 Mei tydens sy openbare lesing ʼn interessante en boeiende blik oor […]

Akademia-student toon sy staal in die skopbokskryt

Akademia-student toon sy staal in die skopbokskryt Gepubliseer op: 14 Mei 2024 Akademia-student, Connor Winter (19), koester twee gróót drome. Dié BEd (Intermediêre Fase-onderwys)-eerstejaarstudent van Moreleta Park in Pretoria is passievol oor onderwys en wil graag as ʼn positiewe veranderingsagent vir jong kinders optree. As ʼn ervare skopbokser, wat reeds vanaf twaalfjarige ouderdom meeding, wil […]

Poolse akademikus inspireer Akademia-studente

Poolse akademikus inspireer Akademia-studente Gepubliseer op: 8 Mei 2024 Wat studente ook al studeer, hulle gebruik in hul studie taal/tale en gaan in hul toekomstige werk bewus kommunikeer. Met ander woorde, dit sou goed wees as hulle doelgerig met tale omgaan. Dit is die mening van prof. Jerzy Koch, bekende Poolse akademikus en letterkundige van […]

Akademia-prestigefunksie: Applous vir akademiese uitnemendheid en leierskap

Akademia-prestigefunksie: Applous vir akademiese uitnemendheid en leierskap Gepubliseer op: 12 April 2024 Akademia se jaarlikse prestigefunksie is op ʼn luisterryke wyse op 11 April by die AfriForum Teater in Pretoria aangebied. Tydens hierdie geleentheid het die instelling opnuut sy verbondenheid tot uitnemendheid gevier deur studente vir hul akademiese en leierskapsprestasies te vereer. Volgens prof. Danie […]

Akademia-kwalifikasieplegtigheid: ʼn Viering van groei en akademiese uitnemendheid

Akademia-kwalifikasieplegtigheid: ʼn Viering van groei en akademiese uitnemendheid Gepubliseer op: 11 April 2024 Akademia se kwalifikasieplegtigheid is in wese ʼn simboliese erkenning van ʼn nuwe geslag denkleiers, praktykkundiges, kunstenaars, wetenskaplikes en entrepreneurs. Kortom: ʼn geleentheid waar die doeners van more na vore tree om hul regmatige plek as rentmeesters van volhoubaarheid, innovasie en vooruitgang in […]

Opwindende nuus: Akademia eersdaags in die Wes-Kaap

Opwindende nuus: Akademia eersdaags in die Wes-Kaap Gepubliseer op: 8 April 2024 Akademia betree vanjaar ʼn nuwe groeifase. Die akademiese jaar het op ʼn hoë noot begin deur onder meer die ingebruikneming van ʼn bykomende voltydse kampus in Centurion asook die bekendstelling van twee splinternuwe koshuise. Hiermee saam is die instelling, wat vanjaar sy twaalfde […]

Akademia-kundiges geloof vir nuwe Afrikaanse handboek oor kurrikulumstudies

Akademia-kundiges geloof vir nuwe Afrikaanse handboek oor kurrikulumstudies Gepubliseer op: 2 April 2024 Twee Akademia-kundiges, dr. Chris-Mari Le Hanie (dosent in Opvoedkundestudies) en Suné Bester (ondersteuner: Aanlyn leer), het as mederedakteurs vroeër vandeesmaand tydens ʼn spoggeleentheid by die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) ʼn nuwe handboek oor kurrikulumstudies bekendgestel. Dié handboek, ʼn Inleidende […]

Akademia-kampusopedag: Kom maak eerstehands kennis met jou toekoms

Akademia-kampusopedag: Kom maak eerstehands kennis met jou toekoms Gepubliseer op: 28 Maart 2024 Akademia se jaarlikse kampusopedag is ʼn belewenis, vra maar vir enige Fontie wat hul studiereis met die bywoning van dié geleentheid begin het! As jy ʼn studiedroom vir 2025 koester, dan is die opedag, wat op Vrydag 10 en Saterdag 11 Mei […]

Nagraadse Onderwyssertifikaat die sleutel tot my beroepsvervulling – Akademia-student

Nagraadse Onderwyssertifikaat die sleutel tot my beroepsvervulling – Akademia-student Gepubliseer op: 5 Maart 2024 Die 2024-skooljaar is in volle swang en dwarsoor die land is onderwysers hard aan die werk. Een só ʼn onderwyser is Alessandro Casaleggio (31), wat 2023 op ʼn hoë noot afgesluit het deur ʼn Nagraadse Onderwyssertifikaat (Senior Fase- en Verdere Onderwys […]