PERSONEEL
Akademia het uitnemende en roepinggedrewe personeel wat bydra tot ’n leerervaring van wêreldgehalte.
DOSENTE
Delene van Wyk de Ridder
Dosent:
Statistiek
Delene van Wyk de Ridder is ʼn dosent in Statistiek by Akademia. Sy het ʼn BSc-graad in Wiskundige Statistiek (cum laude) asook ʼn honneursgraad (cum laude) en ʼn meestersgraad (cum laude vir die verhandelingsaspek) in hierdie dissipline aan die Universiteit van Pretoria (UP) verwerf. Delene is tans besig met ʼn PhD in Wiskundige Statistiek by dieselfde universiteit en haar navorsingsfokus is rigtingstatisitek.
Akademiese toekennings sluit in die Statomet-toekenning vir die beste honneursvoorlegging in die Departement Statistiek aan UP asook ʼn toekenning van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir ʼn voorlegging vanuit haar navorsing vir haar meestersgraad by die 2021-Studentesimposium. Sy was twee jaar lank assistentdosent en het ook klasgegee by UP. Sy doseer tans die volgende modules: Inleiding tot Statistiek, Steekproefverdelingsteorie en Inferensie.
Frieda Theron
Dosent:
Natuurwetenskappe
Frieda Theron is ʼn dosent in Wiskunde by Akademia en het ʼn BSc-graad in Wiskunde (cum laude) asook ʼn honneurs- en meestersgraad (cum laude) en ʼn DSc graad in hierdie dissipline, sowel as ʼn BA (Menslike Bewegingskunde) (Sportwetenskap) en ʼn hoëronderwysdiploma aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Frieda se navorsingsfokus is Matriksteorie asook Moduulteorie. Haar mees onlangse gepubliseerde werk is ʼn artikel in Electronic Journal of Linear Algebra. Sy het ʼn totaal van meer as 40 jaar ondervinding as wiskundedosent aan verskeie universiteite en vier jaar as wiskundeonderwyser. Sy doseer tans die volgende modules: Algebra en Kalkulus (NWIAL152), Lineêre Algebra (NWILA261) en Abstrakte Algebra (NWIAA371).
Dr. Machiel Snyman
Dosent:
Vektoranalise en Lineêre Algebra
Machiel Snyman is ʼn dosent in Wiskunde by Akademia en het ʼn PhD in Fisika asook ʼn MSc (cum laude) in Toegepaste Wiskunde aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Machiel se navorsingsfokus is Operator-algebras en die toepassing daarvan in Teoretiese Fisika. Sy mees onlangse gepubliseerde werk is ʼn artikel in Annales Henri Poincaré in samewerking met prof. Rocco Duvenhage (UP) oor balans in kwantum Markov semigroepe.
Hy doseer tans die volgende modules: Vektoranalise en Lineêre Algebra.
Dr. Piet Pretorius
Programkoördineerder:
BSc (Rekenaarwetenskappe)
Dosent:
Rekenaarwetenskappe
Dr. Piet Pretorius is ʼn dosent in Rekenaarwetenskap en ook programkoördineerder van Rekenaarwetenskap by Akademia. Hy het ʼn BSc-graad in Rekenaarwetenskap asook ʼn meesters- en doktorsgraad in Bedryfsleiding aan die Universiteit van Suid-Afrika verwerf. Pretorius se navorsingfokus is die gebruik van inligting en verwante tegnologieë deur organisasies in Suid-Afrika, met die klem op die volgende dekade. Hy praktiseer al vir langer as vier dekades as rekenaarwetenskaplike. Hy het voorheen op ʼn deeltydse basis by verskeie universiteite Inligtingtegnologie gedoseer, mees onlangs by die Noordwes-Universiteit se Sakeskool. Hy doseer tans die volgende modules: Toegepaste Rekenaarwetenskap
Adiél Holtzhausen
Dosent: Inleiding tot Toegepaste Wiskunde en Inleiding tot Fisika
Adiel Holtzhausen is ʼn dosent in Toegepaste Wiskunde by Akademia en het ʼn BSc-graad in Fisika asook ʼn honneursgraad in hierdie dissipline aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Sy is tans besig met ʼn meestersverhandeling in skoon en groen energie. Adiel se navorsingsfokus is semikonduktor- en sonselfisika. Akademiese toekennings sluit in die beste meestersplakkaat in toegepaste fisika by die Suid-Afrikaanse Instituut van Fisika (2021). Verder is sy betrokke by die Vroue in Fisika-vereniging (WiPiSA) asook by Afrika Insluitende Mikroskopie (African Inclusive Microscopy) Sy doseer tans die volgende modules: Inleiding tot Toegepaste Wiskunde en Inleiding tot Fisika.
Leonie Mostert
Programkoördineerder:
BSc (Wiskundige Wetenskappe) Dosent: Algebra
Leonie Mostert is ʼn dosent in Wiskunde by Akademia en het ʼn MSc-graad in Wiskunde (cum laude) asook ʼn BSc (cum laude) en BSc-honneurs (cum laude) in hierdie dissipline aan die PU vir CHO (tans Noordwes-Universiteit) verwerf. Sy het Wiskunde doseer by die Universiteit van Pretoria vanaf 1988 tot en met Junie 2022 en doseer tans NWIAL 152.
DEELTYDSE DOSENTE
Dr. Petro Uys
Dosent:
Fisika en Toegepaste Wiskunde
Petro Uys is ʼn deeltydse dosent in Fisika en Toegepaste Wiskunde by Akademia. Sy het ʼn BSc-graad in Wiskunde en Natuurkunde (cum laude), ʼn honneurs- en meestersgraad (cum laude) in hierdie dissipline, asook ʼn DSc in Toegepaste Wiskunde aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Sy werk tans by Klydon, ʼn privaatmaatskappy wat gas- en isotoopskeiding doen deur middel van ʼn unieke plaaslik ontwikkelde skeidingsproses. Akademiese toekennings sluit in twee toekennings vir uitnemende prestasie by Klydon. Sy het nege jaar ondervinding as dosent en dertien as navorsingbestuurder.
REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE