PERSONEEL
Akademia het uitnemende en roepinggedrewe personeel wat bydra tot ’n leerervaring van wêreldgehalte.
DEPARTEMENTSHOOFDE

Elize-Mari Coetzer
Departementshoof:
Bestuurswetenskappe Programkoördineerder: BComHons (Ondernemingsbestuur)
Elize-Mari Coetzer is Bestuurswetenskappe-departementshoof in Akademia se Fakulteit Ekonomiese -en Bestuurswetenskappe. Sy het ʼn BCom-graad in Korporatiewe Kommunikasie en Toerismebestuur (cum laude), asook ʼn honneurs- en meestersgraad in hierdie dissipline aan die Noordwes-Universiteit verwerf. Elize-Mari se navorsingsfokus is markprofiele, bestedingspatrone en ekonomiese bydraes. Akademiese toekennings sluit in lidmaatskap van die Golden Key International Honour Society. Sy het twee jaar in die praktyk as ʼn konferensie- en spa-bestuurder gewerk en het meer as elf jaar ondervinding in die hoëronderwysomgewing, onder andere as programkoördineer en dosent.

Rika Nieuwoudt
Departementshoof:
Ekonomiese en Finansiële
Wetenskappe
Programkoördineerder:
Nagraadse Diploma in Bestuursrekeningkunde
Rika Nieuwoudt is die departementshoof van Ekonomie en Finansiële Wetenskappe sowel as ʼn dosent in Finansiële Bestuur en Finansiële Strategie. Rika het ʼn BCom (Bestuursrekeningkunde)-graad en honneursgraad in hierdie dissipline aan die Noordwes-Universiteit verwerf. Sy verwerf ʼn meestersgraad in Finansiële Bestuur met ʼn skripsie getiteld “The impact of firm-specific attributes on shareholder value creation of listed South African companies”.
DOSENTE

Alick Burger
Dosent:
Finansiële Bestuur
Mnr. Alick Burger is ’n dosent in Finansiële Bestuur by Akademia en het ʼn BRek-graad (cum laude) asook ’n honneursgraad in hierdie dissipline aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf. Hy het ’n meestersgraad in Bestuursrekeningkunde aan die Noordwes-Universiteit verwerf. Alick se navorsingsfokus is gespits op kwalitatiewe metodologieë in die wye veld van bestuursrekeningkunde en finansiële bestuur. Sy mees onlangse gepubliseerde werk is ’n artikel in Financial Management met die titel “Finding the key to strategic cost management” en sy mees onlangse referaat was oor “Strategic cost management in a South African automotive company” by die 13de International Business Conference. Hy het tien jaar se kommersiële ervaring en dra die gesogte geoktrooieerde rekenmeester (GR(SA))-titel die afgelope dekade. Hy doseer tans die volgende modules: EFIBS370 (Finansiële Bestuur 2) en EGVST580 (Gevallestudie: Bestuur).

Berrie Stoop
Dosent:
Rekeningkundige Wetenskappe
Berrie Stoop is ʼn dosent in Rekeningkundige Wetenskappe by Akademia en het ʼn BCom-graad in Finansiële Rekeningkunde, asook ʼn honneursgraad in hierdie dissipline aan die Noordwes-Universiteit verwerf. Hy is tans besig met ʼn meestersgraad in die filosofie van hoër onderwys by die Universiteit Stellenbosch. Hy is die outeur en aanbieder van verskeie werkswinkels en seminare wat in die rekeningkundige beroep aangebied word en praktiseer al reeds vir meer as agtien jaar as rekenmeester. Stoop is tans die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Kommersiële Boekhouding (SAIBA) se Opvoedingskomitee. Hy doseer Finansiële Rekeningkunde in die eerste en tweede jaar.

Chalté Venter
Dosent:
Statistiek en Beleggingsbestuur
Chalté Venter is ʼn dosent in Statistiek, Beleggingsbestuur en Ekonomie (met spesialisasie in Ekonometrie) by Akademia. Sy het ʼn BCom-graad in Ekonomie en Ekonometrie, ʼn honneursgraad in Ekonometrie, asook ʼn meestersgraad in Finansies en Beleggingsbestuur aan die Universiteit van Johannesburg verwerf. Chalté se meesterskripsie is getiteld “An empirical analysis of information efficiency in financial markets”. Haar mees onlangse gepubliseerde werk is ʼn artikel oor “Volatility modelling and trading volume of the CARS equity indices” in die konferensieverrigtinge van die Internasionale Konferensie vir Toegepaste Ekonomie, wat ook as referaat by die Universiteit van Milan in Italië gelewer. Sy het vier jaar as opvoedkundige in die privaatonderwyssektor gepraktiseer. Sy doseer tans die volgende modules: Statistiek, Beleggingsbestuur en Ekonomie (Ekonometrie).

Chané Naudé
Dosent:
Ondernemingsbestuur en Organisatoriese Bestuur
Chané Naudé is ʼn dosent in Akademia se Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe. Sy het ʼn BCom-graad in Entrepreneurskap en Ondernemingsbestuur (cum laude), ʼn honneursgraad in Entrepreneurskap en Bemarkingsbestuur (cum laude) asook ʼn meestersgraad in Ondernemingsbestuur (cum laude) by die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) verwerf. Chané se navorsingsfokus is om die bestuur van gehalte van dienste in die kitskos-franchisebedryf van Gauteng te ondersoek. Op grond van Chané se akademiese prestasie is sy uitgenooi om ʼn lid van die Golden Key International Honour Society te word. Sy het ʼn internskap by Anglo American Platinum voltooi waar sy daarna as ʼn projekadministrateur gepraktiseer het. Sy doseer tans in die volgende modules: Ondernemingsbestuur, Organisatoriese Bestuur en Administratiewe Praktyk.

Christine Terblanche
Dosent:
Voorsieningskettingbestuur
Christine Terblanche is ʼn dosent in Voorsieningskettingbestuur by Akademia en het ʼn BCom-graad in Ondernemingsbestuur (cum laude) asook ʼn honneursgraad in Ondernemingsbestuur en meestersgraad in Voorsieningskettingbestuur aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Sy is tans besig met ʼn doktorale proefskrif in Voorsieningskettingbestuur. Christine se navorsingsfokus is voorsieningskettingrisikobestuur, integrasie en inligtingsdeling. Haar mees onlangse artikel, “Counterfeiting: Exploring mitigation capabilities and resilience in South African pharmaceutical supply chains”, is in Acta Commerci gepubliseer. Akademiese toekennings sluit in lidmaatskap van die Golden Key International Honour Society. Sy het meer as vier jaar ondervinding in die hoëronderwysomgewing. Sy doseer tans die volgende modules: Voorsieningskettingbestuur, Projekbestuur en Operasionele Bestuur.

Daniëlla du Preez
Vakhoof:
Finansiële en Beleggingsbestuur Programkoördineerder: Nagraadse Diploma in Bestuursrekeningkunde Dosent:
Bestuursrekeningkunde
Daniëlla du Preez is ʼn dosent in Rekeningkundige Wetenskappe en ook programkoördineerder vir die Nagraadse Diploma in Bestuursrekeningkunde by Akademia. Sy het ʼn BCom-graad in Bestuursrekeningkunde, asook ʼn honneursgraad in Finansiële Rekeningkunde aan die Noordwes-Universiteit verwerf. Haar hoogste kwalifikasie is ʼn MPhil in Hoër Onderwys. Sy het drie jaar klerkskap voltooi en die SAIPA-raadseksamen (South African Institute of Professional Accountants) geslaag. Du Preez het internasionale korporatiewe ondervinding in onder andere menslikehulpbronbestuur, rekeningkunde, belasting en kontrakonderhandeling. Sy doseer die volgende modules: Bestuursrekeningkunde, Finansiële Bestuur en Finansiële Rekeningkunde.

Delicia Bezuidenhout-Conradie
Dosent:
Ondernemingsbestuur
Delicia Bezuidenhout-Conradie is ʼn dosent in Ondernemingsbestuur by Akademia en het ʼn BCom-graad in Bemarking en Toerismebestuur (cum laude) asook ʼn honneurs- en meestersgraad in Toerismebestuur aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) verwerf. Sy is tans besig met ʼn doktorale proefskrif in Toerismebestuur. Delicia se navorsingsfokus is Toerismebestuur en Bemarking. Akademiese toekennings sluit in die beste student oor drie jaar in Toerismebestuur asook lidmaatskap aan die Golden Key International Honour Society. Sy het meer as drie jaar ondervinding in die hoëronderwysomgewing as ‘n dosent. Sy doseer tans die volgende modules: Ondernemingsbestuur 1 (EONBS150) en Entrepreneurskap -en Kleinsakebestuur (EEKBS262).

Edward Blight
Vakhoof en dosent:
Ekonomie
Edward Blight is ʼn dosent in Ekonomie en het ʼn BA (Politiek, Filosofie, en Ekonomie), asook ʼn honneursgraad en meestersgraad in Ekonomie aan die Universiteit van Johannesburg verwerf. Sy meestersgraad is getiteld “Prevalence of a mineral resource curse in South Africa: A critical analysis of the gold and diamond sectors”.
Hy ontvang verdere opleiding in Heterodokse Ekonomie by die Mises Universiteit in Amerika. Hy lewer referate by verskeie nasionale konferensies. Edward is ook ʼn meningskrywer vir Maroela Media en publiseer verskeie artikels oor die Suid-Afrikaanse ekonomie. Hy doseer in en is vakhoof van Ekonomie.

Jaun Kriel
Programkoördineerder:
Gevorderde Diploma in
Projekbestuur
Dosent:
Projekbestuur
Jaun Kriel is ʼn dosent en die programkoördineerder van die Gevorderde Diploma in Projekbestuur. Hy het ʼn BCom-graad in Korporatiewe Kommunikasie en Toerismebestuur, asook honneurs- en meestersgraad in hierdie dissipline aan die Noordwes-Universiteit verwerf. Hy is tans besig met sy projekbestuursertifisering aan die Projekbestuurinstituut (PMI). Hy het meer as dertien jaar ondervinding as dosent, asook agt as programkoördineerder by Akademia. Hy doseer tans modules in die Gevorderde Diploma in Projekbestuur asook BCom (Ondernemingsbestuur).

Johann Smith
Dosent:
Statistiek en Sakeberekeninge
Johann Smith is ʼn dosent in Ondernemingsbestuur aan Akademia. Hy het ʼn BCom-graad en honneursgraad in Informatika, asook ʼn meestersgraad in Kommunikasiebestuur, aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Johann se huidige navorsingsfokus is Innovasiebestuur, asook die bestuur van Wiskunde-angs en Wiskunde-veerkragtigheid in hoëronderwysinstellings. Hy praktiseer as ʼn bestuurskonsultant, maar is ook tientalle jare in die onderwyssektor betrokke. Hy doseer tans Sakeberekeninge, Elementêre Kwantitatiewe Metodes en Innovasiebestuur.

Marthe-Mari Herbst
Dosent:
Bestuurswetenskappe
Marthe-Mari Herbst is ʼn dosent in Ondernemingsbestuur by Akademia. Sy het ʼn BCom-graad in Geoktrooieerde Bemarking en ʼn nagraadse onderwyssertifikaat (NGOS) verwerf aan die Noordwes-Universiteit (NWU), asook ʼn honneursgraad (cum laude) in Ondernemingsbestuur aan die Universiteit van Suid-Afrika. Akademiese toekennings sluit in top-4-student vir die NGOS-kwalifikasie aan die NWU. Sy het in die praktyk gewerk as rekeningbestuurder en sy het ook ondervinding in tersiêre onderwys. Sy doseer tans die volgende modules: Internasionale Bestuur en Organisatoriese Bestuur.

Mariska Wannenburg
Dosent:
Belasting en Rekeningkunde
Mariska Wannenburg is ʼn dosent in Belasting en Rekeningkunde by Akademia. Sy het ʼn BCom-graad in Rekeningkundige Wetenskappe, ʼn honneursgraad in Interne Oudit, en ʼn meestersgraad in Bedrogrisikobestuur aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Sy het internasionale korporatiewe ondervinding in interne ouditkunde, en het gepraktiseer by die ouditeursfirma Ernst & Young in Nederland en Suid-Afrika, waarna sy haar loopbaan as ʼn interne oudit- operasionele bestuurder by Investec Bank voortgesit het. Sy doseer tans die volgende modules: Belasting en Kosterekeningkunde.

Michelle Coetzee
Vakhoof:
Rekeningkunde, Belasting en Ouditkunde
Dosent:
Ouditkunde en Belasting
Programkoördineerder: Hoër sertifikaat Rekeningkunde
Michelle Coetzee is ʼn dosent in Ouditkunde by Akademia en het ʼn BCom-graad in Geoktrooieerde Rekenmeesterskap (cum laude), ʼn honneursgraad in Geoktrooieerde Rekenmeesterskap en ʼn meestersgraad in Rekenaarouditering (cum laude). Sy is tans besig met ʼn doktorale verhandeling in ouditkunde. Haar mees onlangse gepubliseerde werk is ʼn artikel in die Accountancy SA-vaktydskrif oor die rekeningkundige oorwegings rondom die koronavirus. Coetzee is ʼn geregistreerde geoktrooieerde rekenmeester (Suid-Afrika) en SAIGR-assessor. Sy is ʼn lid van CGMA Global University and Academic Center of Excellence (COE) se CGMA Akademiese Kampioen-program en skryf graag artikels vir CIMA en AICPA. Akademiese toekennings sluit in lidmaatskap van die Golden Key International Honour Society en twee internasionale CIMA Teaching Excellence-toekennings. Sy doseer tans die volgende modules: Ouditkunde I en Ouditkunde II.

Monique Visser
Programkoördineerder: BCom (Ondernemingsbestuur)
Dosent: Strategiese Bestuur
Monique Visser is ʼn dosent in die Ekonomiese Bestuurswetenskappe departement by Akademia. Sy het ʼn BCom-graad in Internasionale Handel en Bemarking, asook ʼn honneursgraad (cum laude) en meestersgraad in Internasionale Handel aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) verwerf. Haar mees onlangse artikel, “Identifying the comparative advantage of products and industries of South Africa’s Mpumalanga province”, is in die Southern African Business Review gepubliseer. Sy het vir ʼn internasionale in- en uitvoermaatskappy gewerk, en het meer as ʼn dekade se ervaring in die akademiese omgewing aan hoëronderwysinstellings. Sy doseer tans Strategiese Bestuur in die BCom (Ondernemingsbestuur)-graad, Nagraadse Diploma in Bestuursrekeningkunde en BComHons (Ondernemingsbestuur).

Morné Venter
Dosent:
Menslikehulpbronbestuur en Arbeidsverhoudinge
Morné Venter is ʼn dosent in BCom (Ondernemingsbestuur), meer spesifiek Menslike Hulpbronbestuur en Arbeidsverhoudinge by Akademia en het ʼn meestersgraad in Menslike Hulpbronne en Arbeidsverhoudingebestuur aan die Nelson Mandela Universiteit verwerf, sy verhandeling het gegaan oor hoe om die armoedesiklus te breek. Verder het hy ʼn honneurs in Bedryfs- en Organisatoriese Sielkunde aan Unisa behaal en ʼn BCom in Bedryfsielkunde en Arbeidsverhoudingebestuur aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus verwerf. Hy het ʼn nagraadse diploma in Arbeidsreg van die Universiteit van Johannesburg asook ʼn nagraadse sertifikaat in Opvoeding aan Unisa. Hy het vyf jaar ondervinding as ʼn regsadviseur by ʼn werkgewersorganisasie. Hy doseer tans die volgende modules: Menslike Hulpbronbestuur en Arbeidsverhoudinge asook Organisatoriese Bestuur

Nadia Hunt
Programkoördineerder:
BCom (Ekonomie en Regte)
Dosent:
Ekonomie en Finansiële Beplanning
Nadia Hunt is ʼn dosent in Ekonomie en Finansiële Beplanning by Akademia en het ʼn BCom-graad in Ekonomie en Ekonometrie, asook ʼn honneursgraad in Internasionale Handel en Finansiële Ekonomie aan die Universiteit van Johannesburg verwerf. Sy het haar meestersgraad in Beleggingsbestuur binne agt maande ingedien. Sy het as ekonoom in die kommoditeitsektor van Suid-Afrika gepraktiseer. Sy het ook meer as ‘n dekade se ervaring in die hoër onderwys. Sy doseer die volgende modules: Ekonomie, asook Finansiële- en Beleggingsbeplanning.

Nicolene Steenkamp
Programkoördineerder:
BCom (Finansiële Beplanning)
Nagraadse Diploma in Belasting
Dosent:
Rekeningkundige Wetenskappe
Nicolene Steenkamp is die programkoördineerder van BCom (Finansiële Beplanning) en ʼn dosent in rekeningkundige wetenskappe by Akademia. Sy het ʼn BCom-graad en honneursgraad in Finansiële Bestuur, ʼn Nagraadse Onderwyssertifikaat en ʼn meestersgraad in belasting aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Sy is ook ʼn praktiserende rekenmeester (Professionele Rekenmeester (SA)). Sy doseer die volgende modules: Finansiële Rekeningkunde in die tweede en derde jaar, asook Belasting.

Nikki Kennedy
Dosent:
Bestuursrekeningkunde en Belasting
Nikki Kennedy is ʼn dosent in Bestuursrekeningkunde en Belasting by Akademia en het ʼn BCom-graad in Rekeningkundige Wetenskappe aan die Universiteit van Pretoria, asook ʼn honneursgraad in hierdie dissipline aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa), verwerf. Sy het haar CIMA-eksamens tot op TOPCIMA-vlak voltooi en is aanvaar as ʼn CIMA-lid. Sy het verder ook ʼn nagraadse program in gevorderde belasting en belastingwetgewing deur die Noordwes-Universiteit (NWU) voltooi. Sy praktiseer en het lidmaatskap by CIMA, SAIPA en SAIT. Sy doseer tans Bestuursrekeningkunde 2, Belasting vir die Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde en Berekening van Inkomstebelasting vir die Nagraadse Diploma in Belasting.

Roelien Botha
Programkoördineerder: BCom (Bestuursrekeningkunde) en BCom (Finansiële en Bestuursrekeningkunde)
Dosent:
Rekeningkundige Wetenskappe
Roelien Botha is ʼn dosent in Bestuursrekeningkunde en Risikobestuur en ook programkoördineerder van BCom (Bestuursrekeningkunde) en BCom (Finansiële en Bestuursrekeningkunde) by Akademia. Sy verwerf haar BCom Regte-graad (cum laude), asook haar honneurs- en meestersgrade (cum laude) in Finansiële Bestuur aan die Universiteit van Pretoria. Roelien se navorsingsfokus is die finansiële bestuuraktiwiteite van kleinsakeondernemings. Akademiese toekennings sluit in akademiese erekleure, Dekaansmerietelys en Golden Key International Honour Society-lidmaatskap.

Salomien Boshoff
Vakhoof:
Ondernemingsbestuur
Dosent:
Ondernemingsbestuur
Salomien Boshoff is ʼn dosent in Ondernemingsbestuur. Sy het ʼn BCom-graad in Ondernemingsbestuur, asook ʼn honneursgraad in Bemarking aan die Universiteit Stellenbosch verwerf. Sy behaal haar MCom in Ondernemingsbestuur aan die Universiteit van die Vrystaat met die verhandeling getiteld “Spanwerk as ‘n vaardigheid vir die bemarking van gegradueerdes”. Boshoff se navorsingsfokus is indiensnemingsvaardighede en bemarking. Sy is voorsitter van Akademia se Navorsingondersteunings en ontwikkelingskomitee (NOOK). Boshoff het tientalle jare se ondervinding in onderrig en leer, waartydens sy ʼn aantal ander toekennings – spesifiek vir haar assesseringspraktyke en samewerkingsooreenkomste met besighede – ontvang het. Sy doseer tans die volgende modules: Bemarkingsbestuur, Leierskap in Verandering, en sy koördineer die honneurs se navorsingsprojek.

Dr. Sandra Adendorff
Dosent:
Ekonomie en Internasionale Handel
Sandra Adendorff is ʼn dosent in Ekonomie by Akademia, en het ʼn meesters- en doktorsgraad in hierdie dissipline aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Sy was voorheen werksaam by die Universiteit van Pretoria, asook die Reserwebank. Sandra se navorsingsfokus is ekonomie, finansiële markte en instrumente, asook makro-ekonomiese beleid. As navorser is sy medeskrywer van ʼn aantal handboeke, onder meer Economic Indicators en Understanding South African Financial Markets (Van Schaik) en Monetary Economics in South Africa (Oxford). Daarbenewens het sy artikels en publikasies vir verskeie instansies geskryf, en ʼn aantal referate by internasionale konferensies gelewer. Sy was ook betrokke by ʼn aantal navorsingsprojekte, onder meer gefokus op finansiële integrasie in Suider-Afrika, en is ʼn genoot by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Finansiële Markte. Sy doseer tans die modules Ekonomie en Internasionale Handel.

Shaun Coetzee
Dosent:
Bestuursrekeningkunde en Finansiële Bestuur
Shaun Coetzee is ʼn dosent in die Departement Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe by Akademia. Hy het ʼn BCom (Rekenmeesterskap)-graad en ʼn honneursgraad in Bestuursrekenmeesterskap, beide met lof, aan die Noordwes-Universiteit verwerf. Hy het ʼn meestersgraad in besigheidsadministrasie (MBA) van die Universiteit van Derby, asook ʼn meestersgraad in strategiese besigheidsbestuur van die Manchester Metropolitan Universiteit verwerf. Akademiese toekennings sluit in akademiese erekleure, beste honneursstudent, en Golden Key International Honour Society-lidmaatskap. Shaun is ʼn geregistreerde geoktrooieerde bestuursrekenmeester (ACMA, CGMA) by CIMA. Hy was vir agtien jaar werksaam in die mynbou-, verbruikersgoedere-, herwinning- en vervaardigingsektore, waar hy verantwoordelik was vir besighede in Suid-Afrika, Australië en die Verenigde Koninkryk.

Bernard Odendaal
Dosent:
Etiek en Verantwoordelike Korporatiewe Burgerskap
Bernard Odendaal is ʼn dosent in Etiek en Verantwoordelike Korporatiewe Burgerskap by Akademia en het die volgende akademiese kwalifikasies verwerf aan die Universiteit van Pretoria: BA Politieke Wetenskappe, BAHons in Internasionale Politiek en ʼn meestersgraad in Sekuriteitstudies. Hy het in verskeie hoedanighede in die privaat en publieke sektor gewerk, en sedert 2011 was hy die uitvoerende hoof van The Fact Foundry, ʼn konsultasie- en opleidingsmaatskappy. Tydens sy professionele loopbaan het hy by verskeie internasionale en nasionale konferensies oor ʼn wye reeks onderwerpe aanbiedings gedoen. Hy doseer tans Volhoubaarheid en Verantwoordelike Burgerskap asook Etiek en Korporatiewe Beheer.
DEELTYDSE DOSENTE

Alicia Kamfer
Dosent:
Finansiële Beplanning
Alicia Kamfer is ʼn dosent in Finansiële Beplanning by Akademia en het ʼn BCom-graad in Regte in hierdie dissipline aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Sy het ondervinding in die versekeringsbedryf en praktiseer tans as ʼn geregistreerde nakomingsbeampte. Sy doseer Finansiële Beplanning II.

Andria de Wet
Dosent:
Projekbestuur
Andria de Wet is ʼn dosent in Projekbestuur by Akademia en het ʼn graad in Stads- en streeksbeplanning, asook honneursgraad (cum laude) in hierdie dissipline, aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus verwerf. Sy is ʼn professionele stadsbeplanner geregistreer by die Suid-Afrikaanse Raad vir Beplanners (SACPLAN), en het sewe jaar as stadsbeplanner gepraktiseer. Sy is tans ʼn projekkoördineerder in die konstruksiebedryf, en doseer die volgende modules: Projekkostebestuur en Korporatiewe Projekbestuur.

Chante Coetzer
Junior dosent:
Bestuurswetenskappe
Chanté Coetzer is ʼn deeltydse dosent in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe by Akademia en het haar BCom-graad in Rekenkundige Wetenskappe aan die Universiteit van Pretoria verwerf asook haar hoëronderwysdiploma met lof geslaag by Mancosa. Sy is tans besig om haar honneursgraad in Belasting te voltooi. Coetzer is die direkteur van Thomas & Fick waar sy rekeningkundige en belastingsdienste aan haar kliënte lewer. Sy het ondervinding as rekenmeester en ondervinding in die onderwysomgewing. Sy doseer tans die volgende modules: Bedryfsinligtingstelsels asook Kantoortegnologie en Dataverwerking.

Jacolene Greyvenstein
Dosent:
Projekbestuur
Jacolene Greyvenstein is ʼn deeltydse dosent in Projekbestuur by Akademia se Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe. Sy het ʼn BSc- en honneursgraad in Bourekenkunde en later ook ʼn MSc-graad in Projekbestuur aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Akademiese toekennings sluit in lidmaatskap van die Golden Key Internasional Honour Society. Sy is al vir meer as 20 jaar in die praktyk, eers as ʼn professionele bourekenaar en later as ʼn projek- en ontwikkelingsbestuurder in die konstruksiebedryf. Haar professionale kwalifikasies sluit in internationale lidmaatskap in projekbestuur en bourekenkunde. Sy doseer tans die volgende modules:
Beginsels van Projekbestuur vir die Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie en Projekuitvoeringsbestuur vir die Gevorderde Diploma in Projekbestuur.

Monique Brasler
Dosent:
Finansiële Beplanning
Monique is ʼn dosent in die BCom (Finansiële Beplanning)-program by Akademia. Sy het ʼn BCom-graad in Finansies, asook ʼn honneursgraad in Finansiële Beplanning, aan die Universiteit van Johannesburg verwerf. Monique praktiseer tans as ʼn finansiële beplanner. Sy doseer tans Finansiële Beplanning III.

Surina Cloete
Dosent:
Beleggingsbestuur
Surina Cloete is ʼn dosent in Beleggingsbestuur by Akademia. Sy het ʼn BCom-graad in Beleggingsbestuur, asook ʼn honneursgraad in hierdie dissipline, aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Sy is ook ʼn praktiserende finansiële ontleder en doseer tans die volgende module: Beleggingsbestuur in die derde jaar.

Tho-Marie Stoltz
Dosent:
Navorsingsmetodologie
Tho-Marie Stoltz is ʼn dosent in die Nagraadse Diploma in Belasting by Akademia en het ʼn BCom-graad in Toerismebestuur asook ʼn honneurs in hierdie dissipline aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroom) verwerf. Sy het ook ʼn nagraadse onderwyssertifikaat verwerf aan die Universiteit van Pretoria. Sy is tans besig met ʼn meestersverhandeling in Opvoedkunde – Inligting, Tegnologie en Kommunikasie – aan die Universiteit van Johannesburg. Sy doseer tans die volgende modules: Navorsingmetodologie

Zandri van der Merwe
Dosent:
Bedryfsinligtingstelsels
Zandri van der Merwe is ʼn dosent in die Departement Bestuurswetenskappe by Akademia en het ʼn BCom-graad in Ondernemingsbestuur asook ʼn honneursgraad in Ondernemingsbestuur aan die Universiteit van Pretoria (UP) verwerf. Van der Merwe se navorsingsfokus is internasionale bestuur, internasionale menslikehulpbronbestuur asook besluitneming in ʼn besigheidskonteks. Haar akademiese toekennings sluit in lidmaatskap van die Golden Key International Honour Society. Sy doseer tans die volgende module: Inleiding tot Bedryfsinligtingstelsels.
AKADEMIESE ASSISTENTE

Elizma van Zyl
Akademiese assistent: Departement Bestuurswetenskappe

Rochel Oberholzer
Akademiese assistent: Departement Ekonomie en Finansiële Wetenskappe

Theuns Strydom
Deeltydse akademiese assistent: Departement Bestuurswetenskappe

Zandie Esterhuizen
Akademiese assistent: Departement Ekonomie en Finansiële Wetenskappe
REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE