#KennersPraat

#KennersPraat is Akademia se eie podsendingsreeks waar kenners vanuit ons eie geledere gesels oor temas waaroor ons almal wonder, of dit iets is wat jy in die nuus gehoor het of ʼn vraag waarmee jy nog altyd worstel.

Episode 7

#KennersPraat oor: Hoekom skep die Unisa-hofuitspraak ruimte vir Afrikaans?

In die episode van #KennersPraat vertel Marthinus Visser, besturende direkteur, hoekom dit ten gunste is dat Afrikaans steeds deel van die onderrigtaalbeleid van Unisa behoort te wees.

LAAI DIE EPISODE AF

Episode 6

#KennersPraat oor: Vrae oor die komende verkiesing word beantwoord.

In die episode van #KennersPraat antwoord Jean-Jacques Boshoff, programkoördineerder van BSocSci (Politiek, Filosofie en Ekonomie) al jou kwelvrae oor die opkomende munisipale verkiesing.

LAAI DIE EPISODE AF

Episode 5

#KennersPraat oor: Wat is die invloed van die inperking op Suid-Afrika se ekonomiese vryheid?

In die episode van #KennersPraat verduidelik Edward Blight, dosent in Ekonomie, wat die impak van die laer inperkingsvlak is. Hy gee ook meer agtergrond oor wat ekonomiese vryheid behels.

LAAI DIE EPISODE AF

Episode 4

#KennersPraat oor: Wat beteken mediese parool en hoe kwalifiseer ʼn mens daarvoor?

Natasha Venter, ʼn deeltydse dosent in regsgeleerdheid by Akademia, beantwoord tydens die episode van #KennersPraat die vraag waaroor almal wonder ­– hoe werk mediese parool?

LAAI DIE EPISODE AF

Episode 3

#KennersPraat oor: Wanneer kan ek belasting terugeis vir my tuiskantoor?

In hierdie episode van #KennersPraat beantwoord Nikki Kennedy, dosent in Bestuursrekeningkunde, die vraag: Wanneer kan ek belasting terugeis vir my tuiskantoor? Kwalifiseer jy? Luister hier om te hoor.

LAAI DIE EPISODE AF

Episode 2

#KennersPraat oor: Wat beteken die VSA se onttrekking uit Afganistan vir die internasionale samelewing?

In die tweede episode gesels Rika Nieuwoudt met Alida Kok (departementshoof van Sosiale Wetenskappe) om ʼn vraag te beantwoord wat tans in almal se koppe is.

LAAI DIE EPISODE AF

Episode 1

#KennersPraat oor: Gaan dit sneeu in Gauteng?

Professor Hannes Rautenbach, dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe, praat oor die moontlikheid van sneeu in Gauteng en hoekom ons dit kan verwag.

LAAI DIE EPISODE AF

Indien jy vrae oor relevante nuustemas het en graag die kenners daaroor wil hoor praat, stuur ʼn e-pos aan minettes@akademia.ac.za en ons sal jou vrae in gedagte hou vir volgende episodes.

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE VAN AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

REGISTREER

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE VAN AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

REGISTREER