KAMPUSDEURRY

Welkom, eerstejaar! Jy is deel van ʼn pioniersgroep as eerste voltydse studente op die nuut-ingerigte Centurion-kampus. Jy is voorwaar ʼn baanbreker, en ons kan nie wag om jou te ontmoet nie.

SAAM MAAK ONS GESKIEDENIS!

Akademia wil jou graag in persoon ontmoet, selfs nog voordat klasse afskop. As gevolg van Covid 19-regulasies word ons beperk wat betref die aantal persone wat vir ʼn funksie op die perseel toegelaat mag word, maar dit hinder ons nie! Daarom nooi ons jou en jou ouers om ʼn eksklusiewe amptelike verwelkomingsfunksie by te woon – ʼn deurry-groet-en-ontmoet waar beperkte aantal motors op ʼn slag deurgelaat word.

Die geleentheid vind op 6 Maart vanaf 09:00-13:00 plaas, afhangend van die kwalifikasie wat jy studeer. Die dag sal om 08:00 afskop met ʼn aanlyn verwelkoming deur Akademia-bestuur.

Jy sal vooraf hierdie skakel ontvang en kan dit sommer vanuit die gerief en gemak van jou tuiste kyk. Die deurry sal daarna plaasvind en bestaan uit verskillende stopstasies waarby jy beslis ʼn draai moet maak om jou jaar op ʼn hoë noot af te skop. Moet nie hierdie opwindende geleentheid misloop nie!

BEVESTIG JOU BYWONING

HIER IS WAT JY MOET WEET

DATUM

6 Maart 2021

TYD

08:00 – 09:00
jy sal vooraf die skakel na ’n aanlyn verwelkomingseremonie ontvang
09:00 – 13:00
woon gerus die sessie in jou program se tydgleuf (soos hieronder) by

PLEK

Centurion-kampus

Gerhardstraat 117, Centurion

REGISTRASIE VIR DIE KAMPUSDEURRY SLUIT 5 MAART OM 14:00

TYDGLEUF

09:00-09:30

09:30-10:00

10:00-11:00

11:00-12:20

11:20-12:00

12:00-13:00

PROGRAM

BSc (Wiskundige Wetenskappe)

BCom (Ekonomie en Regte)

BCom (Finansiële en Bestuursrekeningkunde)

BSocSci (Politiek, Filosofie en Ekonomie)

BA (Kommunikasie en Joernalistiek)

BCom (Ondernemingsbestuur)

Neem asb. kennis dat ʼn beperkte hoeveelheid motors op ʼn slag op die terrein toegelaat word. Wees asb. geduldig indien jy vir ʼn wyle in die ry moet wag – ons gaan dit so vlot as moontlik probeer laat vloei.

BEVESTIG JOU BYWONING

Ons hoop dat julle net so opgewonde soos ons is oor die studiejaar wat voorlê.

Jou loopbaanreis begin hier!

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE VAN AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

REGISTREER

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE VAN AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

REGISTREER