INLIGTINGSESSIE

INLIGTINGSESSIE

DATUM

5 DESEMBER 2020

TYD

10:00 – 11:00

PLEK

VERSKEIE STUDIESENTRUMS

Jy wil volgende jaar nauurs studeer terwyl jy werk en ander belangstellings nastreef

Jy word uitgenooi na Akademia se laaste inligtingsessie vir die jaar. Die kort dog kragtige inligtingsessie bied die ideale geleentheid aan voornemende studente wat nauurs wil studeer om eerstehands te ervaar hoe ʼn interaktiewe Akademia-kontaksessie deur middel van gevorderde tegnologie aangebied word. Die dosent sal vanuit die ateljee in Centurion regstreeks na studiesentrums uitsaai.

Woon jy verder as 80 kilometer van jou naaste studiesentrum? Oorweeg jy om via e-leer te studeer? Geen probleem nie; sluit elektronies by die inligtingsessie aan!

Voornemende studente sal die geleentheid kry om vrae aan die aanbieder te vra, wat deur middel van die interaktiewe stelsel beantwoord sal word.

Waarvoor wag jy?

BESPREEK HIER

DIE INLIGTINGSESSIE WORD BY DIE VOLGENDE SENTRUMS GEHOU

  • Bloemfontein
  • Boksburg
  • Centurion
  • George
  • Krugersdorp
  • Somerset-Wes
  • Vanderbijlpark
  • Windhoek

DIE PROGRAM VIR DIE INLIGTINGSESSIE

  • ʼn Oorsig van Akademia
  • Meer oor die onderrigmodel en hoe jou nauurse rooster gaan lyk
  • Hoe die aansoekproses werk
  • ʼn Vraag-en-antwoord-sessie om enige knaende navrae te beantwoord

VOLDOENING AAN COVID-19-REGULASIES

Volgens die regulasies mag Akademia net 50 mense op ʼn slag in ʼn studiesentrum akkommodeer. Indien daar meer as 50 mense per sentrum registreer, sal ons jou in kennis stel oor hoe die groepe verdeel sal word. Ons vra dat elke belangstellende slegs een besoeker/ouer saambring.

Kom vind meer uit oor die Akademia-netwerk – ʼn netwerk van kennis, vriende en werksgeleenthede.

Jou loopbaanreis begin hier!

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE VAN AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

REGISTREER

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE VAN AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

REGISTREER