VIRTUELE INLIGTINGSESSIE

VIRTUELE INLIGTINGSESSIE

DATUM

10 APRIL 2021

TYD

10:00 – 11:00

PLEK

AANLYN

Wil jy volgende jaar nauurs studeer?

Kom vind meer uit oor studiegeleenthede by Akademia

Akademia se nauurse onderrigmodel is ideaal vir studente wat werk of ander belangstellings nastreef. Kom vind meer uit oor jou studiemoontlikhede vir 2022.

Die kort dog kragtige inligtingsessie word aanlyn aangebied in die gerief van jou eie huis, en dit sal op die nauurse onderrigleermodel fokus. Hierdie metode van onderrig word oor ʼn landwye netwerk van studiesentrums of via e-leer aangebied – jou keuse!

 Voltydse studie op die Centurion-kampus word nie in hierdie sessie hanteer nie.

Besprekings vir die inligtingsessie het reeds gesluit.

DIE PROGRAM VIR DIE ONDERSKEIE SESSIES

  • ʼn Oorsig van Akademia.
  • Wat kan ek studeer?
  • Hoe werk die klasbywoning?
  • Hoe werk die aansoekproses?
  • Wanneer open aansoeke vir 2022?
  • ʼn Vraag-en-antwoord-sessie om enige kwelvrae te beantwoord.

HOE WERK DIE REGISTRASIEPROSES VIR DIE INLIGTINGSESSIE?

  • Jy moet eers vooraf registreer om toegang tot die inligtingsessie te verkry.
  • Registreer deur hier te klik. Voltooi dan die vorm deur jou kontakbesonderhede in te vul, en klik op ‘Bespreek’.
  • Sodra jy suksesvol geregistreer het, sal jy ʼn e-pos ter bevestiging ontvang. Die skakel om toegang tot die aanlyn inligtingsessie te verkry, word in hierdie e-pos gestuur. Hou gerus jou e-posse dop

MEER OOR AKADEMIA SE NAUURSE ONDERRIGMODEL

Akademia se nauurse onderrigmodel is so ingerig dat studente by studiesentrums van hulle keuse aansluit, waar hulle via gevorderde tegnologie in ʼn virtuele leerruimte met medestudente en dosente verbind word. Vanaf 2021 bied Akademia ook die opsie aan studente wat vêr van studiesentrums woon om via e-leer by dieselfde kontaksessie in te skakel. Lees meer hier.

Stel jy eerder belang in voltydse studie op die Centurion-kampus? ʼn Opedag vir voltydse studie op die Centurion-kampus vind later vanjaar plaas. Voltooi hierdie vorm om dadelik in kennis gestel te word van wanneer die kampusopedag gehou word.

Kom vind meer uit oor die Akademia-netwerk – ʼn netwerk van kennis, vriende en werksgeleenthede.

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE VAN AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

REGISTREER

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE VAN AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

REGISTREER